Proefvertaling van die OLB in Afrikaans

Hierdie opstel is daar vir diegene wie ‘n gevoel wil kry vir die oorsprong van hulle taal en ook ‘n besondere geskiedkundige beeld wat tot dusver vir ons verlore was.

 

Die teks wat hier vertaal word is vir my een van die rykste uit die OLB, daarom stel ek dit eerste bekend. Om die leser ‘n kort inleiding te gee: die gebeure wat hier vertel word word gereken rondom die jare 1600 voor ons jaartelling (BCE). Dit is ‘n weergawe van ‘n tweestryd tussen die moeder van die volksplanting in Athene, Griekeland (hier verwys as Kreekeland) en ‘n sekere priester geslag.

 

Mens kan die moeder (hier Minerva, met byname Hellenia en Nyhellenia) as die spieëlbeeld van die patriarg of stamvader beskou – in hierdie tyd was dit nog in die Noorde so. ―

 

Die OLB gee ook ‘n nuwe blik op vele taalkundige verwyte wat deur die jare teen Afrikaans gemaak was, dié bespreek ek in toekomstige opstelle, die oplettende leser kan moontlik solank ‘n paar hieruit naspeur.

 

Met dank aan die werke van Jan Ott, waarsonder hierdie vertaling nie moontlik sou gewees het nie.

 

Samehangende bronne:

 

 

~ ~ ~

 

Minerva teen priesters

 

UTA SKRIFTA MINNO.S.
THÁ NY.HEL.LÉNJA. THAM FON HJRA ÀJN NÔME MIN.ERVA HÉTE. GOD SÉTEN WAS
ÀND THA KRÉKALANDER HJA TOMET EVEN HÀRDE MINADE AS VS AJN FOLK.
THÁ KÉMON THÉR SVME FORSTA ÀND PRESTERA VPPERA BURCH
ÀND FRÉJON MIN.ERVA HWÉR OF HJRA ERVA LÉJON.
HEL.LÉNJA ANDERE MINA ERVA DRÉG IK OM IN MINA BOSM.
HWAT IK URVEN HÀV IS LJAFDE VR WISDOM. RJUCHT ÀND FRYDOM. HÀV
IK THAM VRLÉREN ALSA BEN.IK É.LIK ANTHA MINNISTE JWAR SLÁVONENA.
NW JÉV.IK RÉD VM NAWET. MEN THAN SKOLD.IK VRKÁPJA THAM.
THA HÉRA GVNGON WÉI. ÀND HRIPON AL LAKANDE.
JVWAR HÉROGA THJANRA WISA HEL.LÉNJA.
THACH THÉRMITHA MISTON HJA HJARA DOL.
HWAND THÀT FOLK THÀT HJA MINNADE ÀND HJA FOLGADE
NAM THIS NÔME TO.N ÉRE.NÔME AN.
THA HJA SÁGON THÀT HJARA SKOT MIST HÉDE.
THÁ GVNGON HJA HJA BIHLVDA ÀND SÉIDON THAT HJU.T FOLK HEXNAD HÉDE.
MEN VS FOLK ÀND THA GODA KRÉKA.LANDAR
WÉRDE ALLERWÉIKES THAT.ET LASTER WÉRE.

 

2. Uit die skrifte van Minno

 

Toe Nyhellenia, wie deur haar eie naam Min-erva (my erwe) heet, goed neergeset was en die Kreekelanders haar byna so veel bemin het as ons eie volk. Kom daar toe sommige forste en priesters op haar burg en vra vir Minerva waar haar erwe lê. Hellenia antwoord: „my erwe dra ek om in my boesem. Wat ek geërf het is liefde vir wysheid, reg en vryheid. As ek hierdie verloor sou ek gelyk wees aan die minste van jou slawe. Nou gee ek raad verniet, maar dan sou ek dit verkoop.”

 

Die *here gaan toe weg en roep al laggend: „ons is jou gehorige dienare oh wyse Hellenia!” Tog daarmee mis hul hulle doel. Want die volk wie haar volg en bemin neem hierdie naam as ‘n erenaam aan. Toe hulle sien dat hul hulle skoot gemis het, begin hulle haar beledig en sê dat sy die volk beheks het. Maar ons volk en die goeie Kreekelanders het oor alle **weë geweer dat dit laster was.

 

*HÉRA, die meervoud van heer (erenaam vir ‘n man)
**WÉIKES= weë + verkleiningsuitgang -kie(s)

 

ÉNES KÉMON HJA ÀND FRÉGON.
AS THV THÀN NÉN THJONSTER NE BISTE
HWAT DÉIST THÁN MITHA ÀJAR THAM THV ALTI BI THI HESTE.
MIN.ERVA ANDERE. THISE ÀJAR SEND THAT SINE.BYLD FON FRYA.S RÉD.JÉVINGA
WÉRIN VSA TO.KVMSTE FORHÉLEN HLÉIT
ÀND FON ÉL THÀT MÀNNESKALIK.SLACHTE.
TID MOT HJA UTBRODA AND WI MOTON WÁKA THÀT.ER NÉN LÉTH AN NE KVMTH.
THA PRESTERA. GOD SÉID.
MEN HWÉRTO THJANATH THENE HVND AN THINA FÉRA HAND.
HEL.LÉNJA ANDERE HETH THENE HÀRDER NÉN SKÉPER
VMBE SIN KIDDE AT SÉMNE TO HALDANDE.
HWAT THENE HVND IS INNA THJANIST THES SKÉP.HÀRDER.
BIN IK IN FRYA.S THJANEST.
IK MOT OVIR FRYA.S KIDDE WÁKA.
THAT LIKATH VS GOD TO SÉDON THA PRESTAR. MEN SEG VS
HVAT IS THJU BITJVTENISE FON THI NACHT.ULE.
THÉR IMMER BOPPA THIN HOLE SIT.
IS THAT LJUCHT.SKVWANDE DJAR ALTOMET THET TÉKEN THINRA KLÁR.SJANHÉD.
NÉAN ANDERE HEL.LÉNJA HI HELPTH MY HÜGJA
THAT.ER EN SLACH FON MÀNNISKA OVIR JRTHA OMME.DWÁLTH.
THÉR EVEN LIK HI IN KÀRKA ÀND HOLA HÉMA.
THÉR AN TJUSTER FROTA. THACH NAVT AS HI.
VMB.VS FON MÛSA ÀND ÔRA PLÀGA TO HELPANE.
MEN RENKA TO FORSINA. THA ÔRA MÀNNISKA HJARA WITSKIP TO RÁWÁNE
TILTHJU HJA THAM TO BÉTRE MÜGE FÁTA
VMBER SLÁVONA FON TO MÁKJANDE ÀND HJARA BLOD UT TO SÛGANE.
ÉVEN AS VAMPÍRA DVA.

 

Eens kom hulle en vra: „As jy dan geen heks is nie, wat maak jy dan met die eier wat jy altyd by jou het?” Minerva antwoord: „Hierdie eier is die sinnebeeld van Frya se raadgewinge waarin ons toekoms verberg lê en ook van die ganse mensdom. Tyd moet dit uitbroei en ons moet waak dat daar geen leed aan kom nie.”

 

„Goed gesê,” antwoord die priesters “maar sê ons waartoe dien daardie hond aan jou regter hand?” Hellenia antwoord: „het die herder geen skaaphond om sy kudde by mekaar te hou nie? Wat hierdie hond is in die diens van die skaapherder is ek in die diens van Frya. Ek moet oor Frya se kudde waak.”

 

„Dit lyk vir ons heel goed” sê die priesters, “maar sê ons wat is die betekenis van die naguil wat altyd bo op jou kop sit. Is daardie ligskuwende dier miskien die teken van jou klaarsienendheid?” „Nee” antwoord Hellenia, „hy help my herinner dat daar ‘n slag van mense oor die aarde omdwaal, wie nes hy in kerke en hole heem. Wie in duisternis vroetel, tog nie soos hy, om ons van muise en ander plaë te help. Maar om judasstreke te versin, om die ander mense van hulle wetenskap te beroof sodat hulle hul makliker mag vat om slawe van te maak en hulle bloed uit te suig, net soos vampiere doen.”

 

ÉNIS KÉMON HJA MITH.EN BENDA FOLK.
PEST WAS OVER.ET LAND KVMEN. HJA SÉIDON.
WI ALLE SEND TO DVANDE. THA GODA TO OFFERJA TILTHJU HJA PEST WÉRA MÜGE.
NILST THV THEN NAVT NE HELPA HJARA GRIMSKIP TO STILANE.
JEFTHA HETHSTE PEST SELVA OVIR.ET LAND BROCHT MITH THINRA KUNSTA.
NÉAN SÉIDE MIN.ERVA. MEN IK NE KÀN NÉNE GODA THÉR ÀRG.DVANDE SEND.
THÉRVMBE NE KÀN IK NAVT FRÉJA JEF HJA BETER WRDA WILLA.
IK KÀN ÉN GODE. THÀT IS WRALDAS GÁST.
MEN THRVCH THAM ER GOD IS. DVATH.ER ÁK NEN KWÁD.

 

Op ‘n tyd het hulle gekom met ‘n bende volk, saam met hulle kom daar pes oor ons land. Hulle sê toe dat ons volk moet offers bring aan die gode sodat hulle die pes mag afweer.

Die preisters het gevra: „Wil u tog nie help om die gode se gramskap te versag nie? Of het jy dan self die pes oor die land gebring met jou kunste?” „Nee” het Minerva gesê „ek ken geen gode wie kwaadwillig is nie. Daarom kan ek nie vra of hulle beter wil word nie. Ek ken een god. Dit is die *Wêreld se gees. Maar deurdat hy **goed is, doen hy ook geen kwaad.”

 

*WRALDA kan ook gelees word as Afr. oeroue/ Duits. Uralte/ Eng. urold of ook: oweroude/ Überalte/ overold ook: oweralda(ar), Überallda ens.
**Ons woorde ’goed’ en ‘god’ het dieselfde wortel, naamlik die woord GOD, hierdie eenheid en eenvoudigheid van die woord word verlore wanneer mens die Oertaal in die hedendag wil oorsit

 

HWANATH KVMTH.ET KWÁD THÀN WÉI FRÉJATH THA PRESTERA.
ALLET KWAD KVMTH FON JOW
ÀND FON THÉRE DVMHÉD THÉRA MÀNNISKA THAM HJARA SELVA FON JOW FENSA LÉTA.
JEF THIN DROCHTEN THÀN SÁ BJUSTRE GOD IS
WÉRVMB WÉRTH.ER.ET KWÁD THÀN NAVT FRÉJATH THA.PRESTERA.
HEL.LÉNJA ANDERE. FRYA HET.VS VPPE WÉI BROCHT
ÀND THENE KRODER. THÀT IS TID. THAM MOT THÀT OVRIGE DVA.
WITH ALLE RAMPUM IS RÉD ÀND HELP TO FINDANDE.
THA WR.ALDA WIL THÀT WI HJA SELVA SOKA SKILUN.
TILTHJU WI STERIK SKILE WERTHA ÀND WIS.
NILLATH WI NAVT. THAN LÉT.ER VSA.TRUL UT TRULLA
TILTHJU WI SKILUN ERFÁRA.
HWAT NÉI WISA DÉDUM ÀND HWAT NÉI DVMA DÉDUM FOLGATH.
THA SÉIDE.NE FORST. IK SKOLDE WANA. THAT WÉRE BETRE. THAT TO WÉRANDE.
HWEL MÜGLIK ANDERE HEL.LÉNJA.
HWAND THÀN SKOLDE THA MÀNNISKA BILIWA LIK TÀMADE SKÉPA.
THV ÀND THA PRESTERA SKOLDER THAN HODA WILLA.
MEN ÁK SKÉRA ÀND NÉI THÉRE SLACHT.BENKE FORA.
THACH ALSA NIL.T VS DROCHTEN NAVT.
HI WIL THAT WI EKKORUM HELPA.
MEN HI WIL. ÁK THÀT JAHWEDER FRY SY ÀND WIS WRDE.
THÀT IS ÁK VSA WILLE THÉRVMBE KJASTH VS FOLK SIN FORSTA. GRÉVA. RÉDJÉVAR
ÀND ALLE BÁSA ÀND MÁSTERA UT.A WISESTA THÉRA GODA MÀNNISKA
TILTHJU ALLEMÀNNALIK SIN BEST SKIL DVA VMBE WIS ÀND GOD TO WERTHANDE.
ALTHUS TO DVANDE SKILUN WI ÉNIS WÉTA. ÀND ANDA FOLKA LÉRA
THÀT WIS WÉSA ÀND WIS DVA ALLÉNA LÉITH TO SALICHHÉD.

 

„Van waar af kom die kwaad dan?” vra die priesters. Minerva antwoord: „Alle kwaad kom van jou en die domheid van die mense wie hulself aan jou strikke laat lei.” „As jou *gedrog dan so byster goed is waarom weer hy die kwaad dan nie?” Hellenia antwoord: „Frya het ons op hierdie weg gebring en die Kroder, dit is tyd, moet die orige doen. Met alle rampe is raad en help te vinde, maar die Wêreld wil dat ons dit self sal soek. Sodat ons sterk sal word en wys. As ons nie wil nie, dan laat hy ons onnoselheid staan totdat ons sal ervaar, wat na wyse dade en wat na domme dade volg.”

 

*gedrog staan deurgaans in hierdie vertaling in plek van DROCHTEN (sien nota 3), verwys o.a. na ‘n bonatuurlike gees

 

Toe sê een vors: „Ek sou waan, dat dit beter was om dit te weer.” „Wel moontlik.” Antwoord Hellenia, „Want dan sou die mense bly soos tamme skape. Jy en die priesters sou hulle dan wou behoed en bewaar, maar ook skeer en na die slagbanke voer. Tog also wil ons gedrog dit nie hê nie, hy wil dat ons mekaar help. Maar hy wil ook dat iedereen vry sy en wys word. Dit is ook ons wil, daarom kies ons volk sy vorste, grawe, raadgewers en alle base en meesters uit die wysste van die goeie mense sodat elke mens sy bes sal doen om wys en goed te word. Deur so te maak sal ons iets weet, en aan die volke leer dat wys wees en wys doen alleen lei tot saligheid.”

 

THAT LIKT.EN ORDÉL SÉIDON THA PRESTERA.
MEN ASTE NV MÉNSTE THÀT PEST THRVCH VSA DVMHÉD KVMTH.
SKOLDE NY.HEL.LÉNJA THÀN WEL SA GOD WÉSA WILLE.
VMBE VS EWAT FON THÀT NYA LJUCHT TO LÉNANDE HWÉR VPPA HJU SA STOLTA IS.
JES SÉIDE HELLÉNJA.
THA ROKKA ÀND ÔRA FÜGLON KVMATH ALLÉNA FALLA VP WL ÁS.
MEN PEST MINTH NAVT ALLÉNA WL ÁS. MEN WLA SÉD. PLÉGUM AND FANGNISA.
WILSTV NV THAT PEST FONI WIKA AND NA WITHER NE KVMA.
THÀN MOSTV THA FANGNISA WÉI DVA.
ÀND THAT J ALLA RÉN WRDE FON BINNA ÀND FON BÛTA.
WI WILLATH BI LÁWA THÀT THIN RÉD GOD SY.
SÉIDON THA PRESTERA. MEN SEG VS.
HO SKILUN WI THÉR ALLA MÀNNISKA TO KRÉJA THÉR VNDER VS WELD SEND.
THÁ STAND HEL.LÉNJA VP FON HIRA SÉTEL ÀNDE KÉTH.
THA MUSKA FOLGATH THENE SÉJAR. THA FOLKA HJARA GODA FORSTA.
THÉRVMBE ACHSTV TO BIJINNANDE MITH THIN SELVA ALSA RÉN TO MÁKJANDE
THAT.STV THINNA BLIKKA IN ÀND UTWARD MÉI RJUCHTA
SVNDER SKÁMRÁD TO WERTHANDE TO FARA THIN AJN MOD.
MEN IN STÉDE FON THAT FOLK RÉN TO MÁKJANDE
HESTE WLA FÉRSTA ÛTFONDEN HWÉR VPPA THÀT FOLK ALSANÁKA SUPTH
THAT HJA TO LESTA LIK THA BARGA ANNATH SLIP FROTA.
VMBE THAT.STV THIN WLA LUSTA BOTA MÉI.

 

„Dit lyk soos ‘n heftige oordeel” sê die priesters „maar as jy nou meen dat pes deur ons domheid kom, sal Nyhellenia dan wel so goed wil wees om ons ietwat van daardie nuwe lig te leen waarop jy so trots is?” „Ja” antwoord Hellenia. „Die roekke  en ander voëls kom alleen op vuil aas neerval, maar pes bemin nie net vuil aas nie, maar ook vuile sedes, gewoontes en verslaafdhede. As jy nou wil hê dat pes van jou moet wyk en nie weer terug kom nie, dan moet jy met die verslaafdhede weg doen, en julle almal moet rein word van binne en van buite.”

 

„Ons wil glo dat jou raad goed is” sê die priesters „maar sê ons, hoe sal ons al die mense onder ons geweld daartoe oorreed?” Toe staan Hellenia op van haar setel en *keet: „Die mossies volg die saaier. Die volke hulle goeie vorste. Daarom moet jy begin om jouself also rein te maak dat jy jou betragtinge binne en buitentoe mag rig sonder om skaamrooi te word voor jou eie gewete. Maar instede van om die volk rein te maak het julle vuile veeste uitgevind waarop die volk so suip dat hulle eindelik soos varke in die slyk worstel, sodat julle jul vuil begeertes mag laat baat.”

 

*KÉTH (plegtig spreek, voordrag, verkondig) is ‘n woord wat vir ons verlore was, word in hierdie enkel geval weer gebruik

 

THA FOLK BIGOST TO JOLANDE ÀN TO SPOTANDE.
THÉRTHRVCH NE THVRADON HJA NÉN STRID WITHER AN TO SPINNANDE.
NV SKOLDE ÀJDER WANA THÀT HJA VRAL.ET FOLK TO HÁPE HWOPEN HÉDE
VMBE VS ALGADUR TO.T.LAND UT TO DRIWANDE.
NÉAN AN STÉDE FON HJA TO BIHLÛDA GVNGON HJA ALLERWÉIKE.S.
AK TO THA HÉINDA. KRÉKA.LANDA TIL THA ALPA. UT TO KÉTHANE.
THAT.ET THENE ALLERVRSTE DROCHTEN
HÁGTH HÉDE
SIN WISA TOGHATER MIN.ERVA. TO NÔMTH NY.HEL.LÉNJA
ÉMONG THA MÀNNISKA TO SENDANE INOVERA SÉ MITH.EN ULK.
VMBE THA MÀNNISKA GODE.RÉD TO JÉVANE.
ÀND THAT ALLERMANNALIK THÉR HJA HÉRA WILDE RIK ÀND LUKICH SKOLDE WERTHA.
ÀND ÉNIS BÁS SKOLDE WERTHA OVIR ALLE KÉNINGK.RIK JRTHA.S
HJRA BYLDNESE STÀLDON HJA VPPA HJARA ÀLTÀRUM
JEFTHA HJA VRSELLADE.T ANDA DVMA MÀNNISKA.
HJA KÉTHON ALLERWÉIKES RÉDJÉVINGA. THÉR HJU NIMMER JÉVEN HÉDE.
ÀND TÀLADON WONDERA. THÉR HJU NA DÉN HÉDE.
THRVCH LESTA WISTON HJA.RA SELVA MASTER TO MÁKJANDE FON VSA ÉWA ÀND SETMA
ÀND THRVCH WANKÉTHINGA WISTON HJA ALLE TO WISA ÀND TO VRBRUDA.
HJA STÀLDON ÁK FÁMNA VNDER HJARA HODE.
THA SKINBÉR VNDERE HODA FON FÀSTA VSA FORMA ÉRE.MODER.
VMBE OVER THÀT FRÁNA LJUCHT TO WÁKANE.
MEN THAT LJUCHT HÉDE HJA SELVA VPSTOKEN.
ÀND INSTÉDE FON THA FÁMKES WIS TO MÁKJANDE.
ÀND AFTERNÉI ÉMONG THÀT FOLK TO SENDA.
THA SJAKA TO LÉVANDE. ÀND THA BÀRN TO LÉRANDE.
MAKADON HJA.RA DVM ÀND DIMME BI.T LJUCHT
ÀND NE MACHTON HJA NÁ BUTA NE KVMA.
ÁK WRDON HJA TO RÉDJÉVSTARE BRUKATH.
THACH THI.RÉD WAS BY SKIN UT HJARA MVLUN.
HWAND HJARA MVLA WÉRON NAVT OWERS AS THA HROPAR.
HWÉRTHRVCH THA PRESTERA HJARA GÉRTA UTKÉTHON.

 

Die volk begin toe te joel en te spot, daarom durf sy geen stryd weer aanvoer nie. Nou sou ieder waan dat hulle ooral die volk tot ‘n hoop sou opwip om ons almal saam uit die land uit te dryf. Nee instede van haar te beledig, gaan hulle oor alle weë, ook na die nabygeleë Kreekelande en tot by die Alpe, om te verkondig dat dit die aller owerste gedrog behaag het om sy wyse dogter Minerva ook genoem Nyhellenia tussen die mense te stuur met ‘n wolk oor die see. Dit om die mense goeie raad te gee en dat almal wie haar wil aanhoor ryk en gelukkig sal word, en eendag baas sal word oor alle aardse koninkryke.

 

Die beelde van haar plaas hul op hulle altare of verkoop dit aan die dom mense. Hulle preek oor aller weë raad gewinge, wat sy nooit gegee het nie, en vertel wonders, wat sy nie gedoen het nie. Deur listigheid het hulle hulself meester gemaak van ons *wette en insettings en deur wanuitsprake het hulle dit alles gewysig en verbrui. Hulle stel ook **feetjies onder hulle hoede, wie skynbaar onder die hoede van Fasta ons eerste eremoeder was, om oor die heilige lig te waak. Maar daardie lig het hulle self aangesteek. En instede van om die feetjies wys te maak en na die tyd tussen die volk te stuur, om die siekes te verpleeg en die kinders te leer; maak hulle hul dom en demp hulle lig, en laat hulle nie toe om buitentoe te gaan nie. Hulle word ook tot raadgeefsters gebruik, tog die raad was by skyn uit hulle muile, want hulle monde was niks anders as die spreekbuise waardeur die priesters hulle begeertes bekend maak.

 

*ÉWA en SETMA, wette stem nie heeltemal ooreen met die eerste woord nie, maar eerder met die tweede, naamlik dat wette en instellings gemaak word uit wat mens weet (WÉT), hierdie word dan ’n wet genoem. D.w.s. „wette en instellings” is eintlik ‘n herhaling, en verloor die gewig van ÉWA
**FÁMNA en FÁMKES (meervoud en verkleiningsmeervoud van FÁM), is een van die moeilikste begrippe in die OLB om te verstaan. So vêr ek weet is fe(ë) en feetjie(s) die suiwerste oorlewering daarvan uit enige Noordiese taal, die laaste word deurgaans in hierdie proefvertaling gebruik

 

 

THÁ NY.HELLÉNJA FALLEN WAS WILDON WI EN ORE MODER KJASA.
SVME WILDON NÉI TEX.LÁND
VMBE THÉR ÉNE TO FRÉJANDE.
MEN THA PRESTERA THAM BY HJRA ÀJN FOLK THÀT RIK WITHER IN HÉDE.
NILDON THÀT NI HENGJA ÀND KÉTHON VS BY RA FOLK AS VNFRÁNA UT.

 

Toe Nyhellenia oorlede was wou ons ‘n ander moeder kies. Sommige wou na Texland om daar een te vra. Maar die priesters wie by hulle eie volk weer gesag gewen het, wou dit nie toegee nie en preek ons by al hulle volk as onvroom uit.

Oor Siener

„Nicolaas Pieter Johannes Janse van Rensburg is gebore op die plaas Palmietfontein in die Potchefstroomdistrik en is deur sy toordokteroom, Piet Waarsegger, grootgemaak. Hy het beweer dat hy die geeste van die Duitsers in ‘n poel in die Hartsrivier gesien het. Hulle boodskap was dat al die Boere hulle beeste moes doodmaak en hul oeste moes vernietig. Op ‘n sekere dag sou die son bloedrooi opkom, die beeste en oeste sou wonderbaarlik herstel word en die Duitsers sou saam met al die Boere uit hulle grafte opstaan en die Bantoes die see indryf.” (Nasionale Selfmoord van Xhosas met wysigings, Wikipedia)

 

„En in ons dag gaan God se volk vir die derde en laaste keer ‘n nuwe Kanaän in besit neem; ‘n Kanaän wat tot by die ewenaar sal strek ― net soos die profeet van God ‘gesien’ het.”

 

„Met behulp van die Duitsers sal ons die swart stamme tot by die ewenaar verjaag.” (SUID-AFRIKA: DIE NUWE KANAÄN?, Adriaan Snyman, 5/01/2016)

 

~

 

Die liefde wat die Siener mites vir die Duitsers betoon is die een ding wat ek die meeste kan beja en ondersteun, vele ander dinge egter nie.

 

Onder diegene wie ek al tee gekom het wie in hierdie stories glo, het weinig van hulle al die moeite gedoen om die hele boek(e) wat deur Adriaan Snyman geskryf is deur te lees. Nog minder het al selfs daaraan gedink om die bronne waarin Siener se sienings opgeteken is na tegaan, mens moet nie uit die oog verloor nie dat Snyman se interpretasies net dit is, interpretasies van oorspronklike teks en niks meer nie.

 

Mense wie dieper in hierdie geloof is sal dan wel weet dat daar ander liedens is wie ook interpretasies van die sieninge gegee het. Hierdie mense se werk is hier nie die rede nie, daar dit Snyman se werke was wat die volk lyk my bevang het, en mens sy werke eerstens moet besydig, waarna die ander hopelik ook minder geloofwaardig sal blyk.

 

Die bronne

 

Alvorens mens na enige van Siener se apostels se werke kyk, moet mens vra na die bronne. Dit heet waaruit delf hulle hul interpretasies, waaruit skep hulle?

 

Wie eenmaal self na die bronne gaan kyk, die tekste waarin die ‘siening’ opgeteken sy, sal ‘n ander blik op die saak kry. Die enigste bronne wat ek deur internet navorsing kon naspeur, is die teks wat deur die Lichtenburg Musuem aanlyn beskikbaar gestel is (sien die eerste PDF). Hierdie teks bevat hoegenaamd nie alle sieninge wat ek al deur Snyman sien aangehaald was nie, maar gee vir ons genoeg oorspronklike bronne om Snyman se interpretasies te besydig.

 

Waarom is dit vir my belangrik om Snyman te besydig?

 

Wie al lank genoeg na sy werke oplet, sal besef dat sekere van sy bewerings werklik mal is, en dat hy geen geringe wins gemaak het deur sy boekverkope van iets – wat na my mening niks meer as priesterlike swendel is nie – wat nie net vir ons volk maar vir ons ras ‘n verleentheid is.

 

Een lieflingstaktiek van hierdie ou vogelaar is om ganse dorpe, stede of selfs lande van blankes dood te spreek; gewoonlik liedens van wie mens aanneem hy nie hou nie:

 

  • Bloemfontein
    • „Met die aanbreek van die derde fase van die revolusie sê Siener gaan baie mense in Bloemfontein sterf. Die gesig lui so: “Aan Bloemfontein se kant is ’n swart wolk vol mense” (In sy visioene is swart altyd ‘n simbool van dood en vernietiging. Op 11 Julie 1914 het hy ook ’n ‘swart wolk’ bokant Lichtenburg sien hang, en skaars ’n maand later, op 15 September, word sy boesemvriend, genl. Koos de la Rey, deur ’n polisieman in Langlaagte doodgeskiet). In die Bloemfontein-gesig, is die swart wolk egter ‘vol mense’ — wat beteken dat baie blankes weens geweld gaan omkom.” (SUID-AFRIKA: DIE NUWE KANAÄN?, Adriaan Snyman, 05/01/2016) en (ANGUS BUCHAN EN DIE SIENER, Adriaan Snyman, 20/04/2017)
  • Johannersburg
    • „Op 1 Okt. 1917 het Siener gesien — “Van die Oostekant kom ’n vuur en brand Noordwes. Die aarde is swart…Die mieliestronke is by Johannesburg aan brand…Toe kom mense die zelfde richting uit met grawe agter hulle rug.” Die mieliestronke wat brand, is ’n teken van die onluste en bloedvergieting.” (DIT SAL VINNIG GEBEUR, Adriaan Snyman, 15/05/2014)
  • Europa
    • „Op 10 Jul. 1925 sien hy die gevolge daarvan — Die gras brand in Europa en die aarde word daarvandaan na hier zwart. By hierdie gesig staan daar in sy aantekeningboek tussen hakkies (die begin van die 3de WO).” (SUID-AFRIKA: DIE NUWE KANAÄN?, Adriaan Snyman, 05/01/2016)
      • Vgl. die Lichtenburg Musuem bron waar geen sprake is van Snyman se bewering in hakkies nie, bl.35 van die PDF
    • „Terloops, ons Boereprofeet is nie die enigste wat hierdie ‘onheil’ vir Europa voorspel het nie. Die Bulgaarse profetes, Baba Vanga, wat in 1996 in die ouderdom van 85 oorlede is, het in haar leeftyd ook talle profestiese gesigte gehad wat bewaarheid is. Haar volksgenote het dan ook na haar verwys as ‘die Balkanse Nostradamus’. In een van haar mees ontstellende profesieë beskryf sy wat onder andere in die jaar 2016 gaan gebeur. Volgens haar sou daar eers ‘n vloedgolf Moslems Euorpa binneval, en dit sal dan sy hoogtepunt in 2016 bereik wanneer die Moslems met ‘n chemiese oorlog begin. Sy voorspel ― en ek haal haar aan: “Dit sal die ganse Europa uiteindelik as ‘n verlate landskap agterlaat, heeltemal leeg van enige vorm van lewe…” (SUID-AFRIKA: DIE NUWE KANAÄN?, Adriaan Snyman, 05/01/2016)
      • Wikipedia oor Baba Vanga: „Some evidence has also been presented that Baba Vanga did not make many of the predictions now attributed to her, but rather people frequently attribute new fake “prophecies” to her since her death, and the lack of a written record of her prophecies, makes any prediction attributed to her difficult to disprove.”

Ensovoorts.

 

Visioene as herwinbare stof

 

As mens na die tydperk kyk waarin die meerderheid van Siener se sienery gemaak was, loop dit gewoonlik deur die jare van die Eerste Wêreld Oorlog, tot die einde van sy lewe (1926). Dus ‘n tydperk wat gekenmerk was aan stryd en onlus – hierdie dinge sien mens ook in sy gesigte.

 

Die sieninge wat in hierdie tyd gemaak was, en wat deur Snyman aangehaal word, het enge betrekking op die gebeurtenisse van daardie tyd. Dit is indien mens hierdie lawwe gissings die agting wil gee om dit as betreklik op enige iets in die werklikheid te beskou. Ek kan nie genoeg beklemtoon nie, dat indien meer mense die oorspronklike sienings self gaan deur lees, minder mense daarin sal glo.

 

Vergelyk ‘n paar van Siener se sienings wat mens nie by Snyman of van die ander apostels se politiese interpretasies vind nie:

 

  • „Twee groot snÿe brood met heuning op gesmeer kom na mÿ toe.” (29 November 1917)[VISIOENE VAN SIENER VAN RENSBURG: 1916 – 1926. (Soos opgeteken deur sy dogter Anna Badenhorst), Lichtenburg Museum 1998/1999, bl. 41 van PDF]
  • „Aan die Weste kom ‘n skotel heuning uit en ‘n mes snÿ stukke af. Ek zit langsaan ‘n tafel en eet van die heuning wat in mÿ bord lê.” (10 Julie 1923)[idem, bl. 32 en 48 van PDF]
  • „Kom aan die Weste ‘n groot hoop mielie stronke uit en dis een vuur Toe staan daar ‘n nieuwe gras dak guis en ek is daar in toe kom heunig koeke uit wat ‘n mes stukken snÿ Heuning staan op die tafel.” (12 Julie 1923)[idem, bl 32 en 48 van PDF]

 

Die aard van Siener se gissings is so willekeurig en duister, dat enige mens met genoeg verbeeldingskrag die goed tot byna enige doel kan aanwend, bv. stories, politieke voorspellinge, geestelike vermanings ens. (Terloops, Snyman skryf ook storieboekke.)

 

Blaai mens ook net ‘n paar blaaie op Snyman se blog terug, dan sien mens dat die visoene ieder jaar aangewend word om die huidige dag se politiek te interpreteer. In 2017 Uncle Aartappel (Angus Buchan) en Coligny. In 2016 vele stories oor oorlog en die einde van die wêreld ens. (aangevuur deur die Trump verkiesing en studente stakings). In 2015 die droogte, probleme met Eskom, en dat dit tekens is vir die aanvang van moeilikheid ens. In 2014 gissings oor Obama, oorlog met Rusland en dat dit aanduidings is vir die aanvang van die 3de Wêreldoorlog ens. In 2013 Mandela se dood en dat die massa slagting sekerlik sal begin ens.

 

Die man in die bruin pak klere

 

Hierdie beroemde mite (DIE MAN IN DIE BRUIN PAK KLERE, Adriaan Snyman, 18/09/2012) kan ook deur een van Siener se ander gesigte verduidelik word:

 

Ek staan en mÿ veldskoen kom ‘n nieuwe oorleer oor en ek het ‘n baie mooi pak klere aan
Toe staan ek en het ‘n nieuwe pak bruin klere aan ons volk se kleur (4 Aug. 1922)[idem, bl.13 van PDF]

 

So ook die een in grys:

 

Net soos Esegiël het Siener van Rensburg ook geprofeteer dat daar twee leiers vir sy volk sal opstaan. Die een in bruin en die ander in grys. Eersgenoemde sal die volk wakker maak en versamel, terwyl laasgenoemde hulle geestelik sal opwek om weer die knie voor Hom te buig. (ESEGIËL, SIENER EN TRUMP, Adriaan Snyman, 13 Feb 2017)

 

Staan ek met nieuw pak grÿs klere nieuw veldskoene bÿ ‘n nieuw zaal en toom In Europa kom ‘n blauw opgerolde vlag uit.
In die Weste lê ‘n groot hoop mielie stronke opmekaar wat nog net bÿ die kante brand.(Europa) In die Ooste is ‘n kospot wat vuur onder is (Unie) (12de Aug. 1922)[idem, bl 13 en 14 van PDF]

 

==> Siener self was die man in bruin en in grys!

 

Sieners, sienaresse en priesters

 

Deur die laaste paar duisend jaar se geskiedenis het daar beslis meer as een siener – en vele sienaresse – by ons volke in Noord-Europa verskyn (die laaste hoor mens natuurlik niks van nie danksy die kerstening van die Noorde).

 

Hierdie mense se klaarsienendheid word dan gewoonlik na hulle dood uitgebuit deur een of ander parasitiese priesterstand, wat dié mense gewoonlik as bonatuurlike wesens (gode) uitkeet, beelde na hulle gedaantes vorm om dit aan die eenvoudige volk te verkoop, en eindelik ganse volke onder hulle gesag bring deur leuens en swendel. Hier is dit ook nie anders nie.―

 

Adriaan Snyman het reeds sy vingers met die OLB gebrand deur dit tot sy smerige Joodse wêreldsaanskouing te probeer aanwend. Hoe hy homself nie kon raaksien in die priester-tipe wie so verag en gehaat word deur daardie ou Frya volk nie, is vir my ‘n raaisel.

 

Ek hoop hierdie opstel het die Siener Mitologie – en veral dié van Adriaan Snyman – vir elke denkende mens ontmag. Laat ons voorts werklikheid met klare oë aanskou, en ons nie laat verblind deur soetpraatjies wat uiteindelik tot ons verdelging sal bydra nie.

 

As die leser dit my sal veroorloof om self een van Siener se sienings tot my saak aan te wend:

 

1 Sept. 1919
Toe staan hier ‘n groot pot en onder die pot is ‘n groot vuur van die Noorde, maar die vuur raak nie dood nie.

 

~ ~ ~

 

Oor die Oera Linda Boek

Daar is min dinge wat my al so bevang en verruk het soos hierdie teks, terwyl dit so vêr ek kan sien vir ander net ‘n interessante verskynsel in die verbygang van ‘n gejaagde en oppervlakkige lewe is.

 

Vir hoeveel mense oer Europese geskiedenis, d.w.s. ouer as ons huidige jaartelling of selfs net ouer as die bestaan van hierdie mislukte kolonie wat Suid-Afrika heet, van enige waarde of belangstelling is, weet ek nie om te sê nie. Dus besef ek dat ek vir ‘n minderheid skryf, en dat wat ek skryf waarskynlik selfs teen die gemene mening van hierdie minderheid is.

 

Die Begin

 

Iewers in Verwoerd se toesprake, onthou ek dat hy die volgende vergelyking gemaak het: naamlik dat Europa deur ‘n klein groep mense van uit die Noord-Weste beset, bebou en uitgebrui is – en dat as mens die kaart van Suid-Afrika skuins draai, dieselfde hier gebeur het.

 

Verwoerd se bewering weergalm deur die Oera Linda Boek (OLB), wat melding maak van ‘n oer Noordiese beskawing daar, welke se spits so 4200 jaar voor die huidige al reeds staande was. Ek gebruik die woord „Noordies” omdat dit so vêr dit my betref die oorsprong van ons bloed, taal en alle goeie dinge wat deur ons geskep is en sal word – is.

 

Reeds hier loop mens in die moeilikheid vas, dat wat in daardie tyd in Noord Europa rond gewandel het, die blonde barbare soos dit lui, stellig minderwaardig en ‘heidens’ was in vergelyking met die woestyn volke van Noord Afrika en die Middel Ooste, sowel die „Ariese” volke in die steppe van Asië. Nogmeer dat Ariese bloed die geheime bestanddeel tot ons meerderwaardigheid is.

 

Van al die geskiedkundige gissings en versinsels wat deesdae oor Noord-Wes Europa verbeeld word kan ek nouliks alles aanspreek, dit is soms so uiteenlopend en gepeper met ingewikkelde benamings dat mens nie kan byhou nie. Eenstemmig is hierdie teorieë gewoonlik op een punt: dat Suidelike Christen kultuur die lig tot die donker kol, also die „rou en primitiewe” volke gebring het, en hulle ingelyf het tot die nuwe wêreld.

 

Die Aanfang

 

Wanneer ‘n volk eenmaal bewus word van sy grote, nie net van wat hy is en kan wees nie, maar van wat hy was,― so is dit gewoonlik die aansteking van ‘n vuur wat nie maklik uitgesit kan word nie.

 

Sulke ontvonkings sien mens in die Nederlandse Gouden Eeuw, sowel die Nasionaal-Sosialistiese rewolusie van Duitsland. Suid-Afrika het sy ontstaan te danke aan die eerste en sy ondergang aan die mislukking van die laaste.

 

Ons weet dat die OLB ‘n invloed gehad het by die Duitsers, en kan, in naaping van meer geleerde meninge (Jan Ott), vermoed dat dit of ander tekste van dieselfde aard ook by die Nederlanders in die 17de eeu ‘n rol gespeel het. Albei hierdie gebeurtenisse het twee dinge in gemeen: die besydiging van vreemde dwang en die herondekking van die eie. Mens is die sterkste wanneer hy homself is.―

 

Met die opduiking van die teks in die 1800’s wat ons huidiglik as enigste bron van hierdie oud Noordiese beskawing  – mens moet sê ryk – is, was daar in die Nederlande enige golwe gemaak, maar danksy die teks se wedersprekende natuur en sy omwerping van vele opvattings wat toe en nogsteeds heers, was die voorstanders daarvan uitgelag en verneder. Sedert dien het daar nie vele mense dit durf waag om hulle name aan hierdie teks te bind en op sy verdere navorsing aan te dring nie.

 

Met die bykomende navorsing en opdelwing wat wel geskied het in die meer as een eeu sedert die eerste vertaling in Nederlands vanaf die Oertaal, is dit vandag veel makliker om die bewerings van daardie boek in te sien. Tog gebeur dit nie sonder inspanning nie, en wie dit wil waag moet homself immer herinner aan die raad van Zarathoestra: „Lieber Nichts wissen, als Vieles halb wissen!”―

 

Dit heet: dat hierdie boek mens se wêreldsaanskouing sal omvêrwerp en vernietig, en dat die heropbouing van dieselfde nie sonder kinder krankhede geskied nie, maar dat dit eindelik die moeite werd is.

 

Die Wêreld

 

Die tyd vir hierdie boek moes kom en het gekom.

 

Tot onlangs het ek een van die belangrikste begrippe in die OLB misverstaan, naamlik wêreld. Kyk mens in selfs die eenvoudigste Afrikaanse woordeboek, dan staan daar naas ‘aarde’ en ‘mensdom’, ‘heelal’.

 

Geen god, maar die wêreld, was vir ons voorgeslagte die oweroudste en alles skeppende wese.

 

 

Oh wie sollte ich nicht nach der Ewigkeit brünstig sein und nach dem hochzeitlichen Ring der Ringe, — dem Ring der Wiederkunft?

Oor Afrikaner Christenskap

Die Afrikaner se wese is „Calvinisties-Individualisties” bedingd. Also lui die refrain.

 

Om ons self met enige reg „Calviniste” te kan noem, moet ons m.i. aan een van die volgende vereistes voldoen:

  • Spruit uit die saad van Calvyn (d.w.s. genetiese erfgename), of
  • Besield en bewus wees van die leer van Calvyn soos opgeteken in sy werk Die Institusie, en hierdie gees in ons daaglikse lewe weerspieël

 

Ek het laasjaar ‘n Nederlandse vertaling van Die Institusie deur gelees, wat ek tussen ‘n hoop ou teologiese boeke vir ong. R30 bekom het. Dit was net nadat ek klaar gemaak het met die Nuwe-Testament. Calvyn se werk was vir my ‘n verkwikkende en welkom verandering van daardie langsame en herhalende stuk plagiaat wat die Joodse Bybel heet, en ek het myself kon verenig met vele dinge wat Calvyn gevorder het.

 

Nou, ek het groot geword in een van die laaste Calvinsities gefondeerde kerke in die land, hierdie ervaring saam met my eie begrip van sy werk (wat erkennelik onvolledig is, daar ek besef Calvyn veel meer geskryf het as net Die Institusie) het my een ding laat besef: dat daar nie so iets soos ‘n Afrikaner Calvinis is nie.

 

Eerstens, die yster tug en staalharde selfbeheersing wat sy leer vorder, het ek nog in geen mens kon naspeur nie. Hierby wil ek noem dat dit vir my ook die eerbaarste eienskap van sy leer is: dat dit nie vir almal is nie. Dat dit net vir die uitverkores of voorbestemdes sy, en dat hierdie gedagte heel maklik oorgedra kan word na ‘n bloedsgrondslag. Ek bedoel dat sy leer juis in die lande en onder die volke wortel geskied het wie – voordat hulle gekersten was – iets soortgelyks geglo het. Sy aandringing tot alle eer wat toegeskryf moet word aan God (wat ‘n woord is wat eenvoudig „goed” beteken) en dat die mens homself nie daaroor moet aanmatig nie lui ook ‘n klokkie (teen ere roof).

 

Eindelik het Calvyn die volgende gedoen: hy het binne die raamwerk van wat oor die Noorde se hals met die swaard gewerp was, ‘n herinterpretasie van die Christen geloof wat meer ooreenstem met ons bloed, en sodoende nuwe lewe in ‘n dooie en volstrek oneerbare wêreldsaanskouing geblaas.

 

Sy eweknie in Duitsland was natuurlik Luther, wie die juk van Rome afgewerp het deur die geloof vir ieder Duitser in die hand te gee deur die Bybel in hulle taal oorteset.

 

So is dit dat alby mans se werke die grootste inslag gevind het by mense van hulle eie bloed, Calvyn in die Nederlande (ek is bewus hy was ‘n Fransman, ek vermoed egter dat hy Frankiese bloed in hom gehad het en dat dié oorspronklik van die Nederlande afkom) en Luther in Duitsland.

 

Om terug te kom by my bewering dat daar nie so iets soos ‘n Afrikaner Calvinis is nie, en veel minder ‘n Afrikaanse kultuur wat deur Calvinisme besiel is.

 

Die voornaamste en vir my die mees opvallendste is die Afrikaanse houding teenoor die vlees. Speel mens 5 Afrikaanse liedjies van amper enige genre, dan sal 3 van hulle handel oor „soen lyfie baby ek wil jou hê” ens. Hierdie sinlikheid is stellig teen die tugtende en vlees hatende gees van Calvyn, en ook van die Bybel waarop sy leer gefondeer is.

 

Miskien sal iemand my die verwyt maak „ja, maar mens kan tog nie alles so ernstig neem nie” „mens moet tog ook bietjie ontspan en die lewe geniet”. Dan het jy nognie Calvyn se werk gelees nie en verstaan hoegenaamd nie die woord ‘Puritanisme’ nie, en dat dieselfde ook onder ‘Calvinisme’ verstaan word.

 

Dat Afrikaanse kultuur so versinlik is terwyl dit wil voorgee om Christen of Calvinsities te wees, is nog ‘n groter verwyt teen dieselfde, aangesien die vlees onder die Drie-eenige van Boosheid gereken word. Hierdie innerlike weerspreking dra eindelik by tot die onernstige en geeslose toestand van wat hedendaagse Christenskap heet.

 

Hoekom stel ek my so hard teen Christenskap?

 

Eerstens, omdat die Bybel letterkundige parasitisme (:plagiaat) en heilige swendel is. Om so iets as die hoeksteen van ons wêreldsaanskouing te gebruik is om ons huis (en geestelike ryk) op sand te bou.

 

Tweedens, dat dit ‘n volstrek Joodse gestalte neem – wat ons nie is nie. ―

 

Derderns, dat dit selfs met die eerste twee punte buite rekening gelaat, ‘n demoedigende en hemmende invloed op ons het.

 

Die eerste punt behoort vir enige eerbare mens genoeg te wees.

 

God is dood en Christenskap ook.

Is rasisme ‘n sonde?

Die stam en wortels van hierdie twee begrippe is seer oud en seer eenvoudig.

Ras en ‘rasisme’

 

Hoe oud die woord ras is kan ek nie sê nie, so vêr ek kan sien staan dit nie in die Oera Linda Boek nie (vgl. Duits en Eng. etimologië). Wat die woord ras ‘n teken voor is en wat dit op wys, doen wel.

 

Hierdie woord heet SLACHT, en word by ons oorgelewer as (ge-)slag, die ge-, be- en ver- voorvoegsels versteek gewoonlik heelwat ou woorde wat ons nie gewoond aan is om sonder dit te sien nie. Sommige van hierdie woorde kan mens egter vandag nog vind in Duits, Wes-Friesies (Noord-Hollandies) en ander Noordiese tale in hulle oorspronklike vorme, sonder voorvoegsels.

 

Nou, mens kan duidelik sien dat die kern van ‘rasisme’ die woord ‘ras’ is. Die agtervoegsel –isme is van vreemde afkoms, en kan miskien eerder met –kunde by ons aangedui word (-kunde as agtervoegsel vind mens in die OLB by die woorde „sedekunde, kruidkunde en heelkunde”).

 

Indien ons ‘rasisme’ in ‘n egte Noordiese woord wil uiddruk, sal dit lui: geslagkunde.

 

Nou, geslagkunde of ‘rasisme’ (vgl. Calvinisme) klink vir my op die eerste oog op slag glad nie boos nie. Dit klink of dit miskien handel oor die wetenskappe van geslagte of rasse.

 

Iedereen weet egter dat wie homself vandag skuldig maak aan ‘rasisme’ as sondaar en satan uitgekreet word, gevolglik bespreek ek nou die eerste.

 

Sond en ‘sonde’

 

Wat is die kern en dus oorsprong van ‘sonde’ dan, vriende?

 

Altfriesiches Wörterbuch, Richthofen, 1840

 

Sond vind mens ook nie in die OLB nie, dat dit moontlik ‘n ou woord is sien ek as moontlik, daar dit min of meer dieselfde lui in meeste Noordiese tale. In Afrikaans vind ons die woord in (ge-)sond. („Heel” vind mens wel in die OLB as HÉL, en beteken by ons nog dieselfde.)

 

Vergelyk gesond en sonde in ‘n paar Noordiese tale:

  • Afrikaans en Nederlands (gesond == sonde)
  • Engels (sound == *sin)(*vgl. Ndl. sin)
  • Duits (gesund == Sünde)
  • Sweeds (sund == synd)
  • Ens.

 

Wat moet mens nou hiervan dink? Allerdings prattel hoofstroom etimologie oor Grieks, Latyns of Hebreeuse woorde wat nie die oorsprong van ons taal is nie, en dus in meeste gevalle buite rekening gelaat kan word of ten minste ‘n laer gewig toegeskryf word. (vgl. Eng., Duits en Ndl. – Wiki)

 

As mens met ‘n nugter oog na hierdie woorde kyk, lyk ‘sonde’ of dit eenvoudig net die meervoud van (ge-)sond is, of iemand aandui wat die eienskap van (ge-)sondheid het, also: „hy is ‘n (ge-)sonde kêrel”.

 

So kan mens die titel van hierdie opstel in ander woorde stel, let op hoe anders die gevoel – en dus die invloed op mens se gees – is:

Is geslagskunde ‘n heil?

 

~ ~ ~

 

Gewis is dat as ons taal en wêreldsaanskouing nie verbasterd was deur Christenskap en die ‘Grieks-Romeinse erfenis’ van die ‘Weste’ nie, ons nogsteeds ons oeroue taal in sy oeroue reinheid sou gepraat het, en ons self teen hierdie geestelike aanval op ons lyf en siel kon weer, wat ons weer sal doen.―

 

(Ander tale hier)