Bly of gly? of bly gly?

Die keuse word dikwels opgestel: wil jy hier in SA bly en vasbyt om te sien of dinge sal verbeter? of gaan jy maar eerder emmigreer?

 

Hierdie is eintlik ‘n „false dichotomy” – naamlik ‘n false keuse tussen twee teenoorgesteldes, terwyl daar eintlik meer as twee is. Dit laat dit lyk asof om te bly die teenoorgestelde is van om te gly. Selfs in die woord keuse van „gly” (to slip, om te glip, afsak, wegraak) en „bly” (bleiben, voortduur, volhard) lyk die een ietwat lafaardig en die ander asof besield deur heldemoed.

 

Ek wil hier hierdie onderwerp bietjie verder bespreek.

 

Om te bly

 

Vele mense wil hier bly. In my ervaring het vroue gewoonlik die sterkste geloof en hoop in ‘n toekoms hier, en dat dinge kan verbeter. By die manne – of eerder die uitgevrete knape – sien dinge gewoonlik meer pessimisties uit. Pasgenoemde geld vir die aldaagsmense, die deursnitsmens, die normie.

 

Hierna kry mens die kranke. Gewoonlik ouer mans, vêr regs, volgers van Siener ens. Hulle sal hier veg en sterf en ek het enige agting vir hierdie mans (al is hulle bietjie onsmaaklik.)

 

Verder het ek al gehoor dat daar mense is wie sou wil oorgaan, maar nie in staat daartoe is nie. Glo omdat hulle te dom of onprofesioneel of watookal is. So sal hierdie mense dan per default in SA vasgevang wees, en namate hulle nydigheid en onbeskaafdheid, wil hulle tog net nie hê dat diegene wie die moontlikheid het om te gaan, moet emmigreer nie. Hiermee stem ek nie heeltemal saam nie, omdat ek van vele heel laaggestelde en scruffy mense weet wie reeds vermag het om te emmigreer, daarom dra hierdie verskoning nie veel gewig nie.. Veel eerder wil daar ‘n gewisse groep hier in SA bly, maar hulle pessimisme laat hulle gedurig tussen JA en NEE wankel, sodat dit lyk of hulle eintlik nie oor kan gaan nie, maar die rede veel meer TWYFEL is. (: twee-wil of duiwel [sien 12-2-2013])

 

Laastens, en seker in die minderheid (omdat alle adel ‘n minderheid moet wees,) is die oudste en opregste settelaars van die Dietse nasie. Diegene wie minstens een voorvader het wie al sedert die 17de eeu hier ingewortel is, en wie se ander Ahnen byna almal uit die keur van ons ras bestaan; d.w.s. uit die Neder-Duitse kultuurkruis stammend. Vir hierdie mense is emmigrasie allerdings ‘n opsie, maar hulle kies Suid-Afrika, hulle wil Suid-Afrika, trots sy moeilikhede.

 

Om te gly

 

So vêr ek my net by die blanke bevolking hou, want van die ander rasse (bv. Chinese) mag wel ook ‘n goeie rede hê vir hulle begeerte om te emmigreer – so ek bespreek net ‘witmense’ se redes hier.

 

Eerstens is daar die Engelse of Britse deel. Hulle mag stam uit Britte en Skotte, maar ook uit Nederlanders en Duitsers wie verengels het. Vir hierdie mense is die keuse heel verstaanbaar, daar hulle nie die roots in hierdie land het nie, geen groot of eerbare bestaan en geskiedenis hier verwerf het nie, maar meestal van settelaars stam wie in die 19de of 20ste eeu hierheen gekom het vir ‘n bietjie avontuur en ‘n gemaklike lewe. Teen hulle mag daar geen verwyt gewerp word as hulle wil gaan nie.

 

Naas hulle is daar dan weereens die normie, die deursnitsmens: die Afrikaner. Hier ruil die geslags rolle meestal net om van bg., naamlik die pessimistiese mans se vinger is reeds op die knoppie na die emmigrasie kantore, en hulle kan jou waarskynlik elke land se vereistes vertel voor jy nog eers vra. Hierdie mense se emmigrasie papiere is alles behalwe voltrekd, en hulle wag bloot voor die ja woord voor hulle met blithe en blydskap oor die see vaar na een of ander Anglo-kolonie.

 

Dit is ook die tipe mens wie alewig kla, wie jou blitsvinnig die bevolkings statistieke, moord, misdaad ens. kan opnoem byna asof hulle dit net vir daardie rede ken. Hulle sien die slegte in alles want die slegste is ook in hulle.― Trap hulle misvormde voete op die kuste van een of ander bannelings kolonie, sal dit hulle venyn en nydigheid nie stop nie: want hierdie mense is weghardlopers.

 

Vra mens meeste van hierdie liedens of hulle al enige poging aangewend het om hulle her- en toekoms hier te red, sal hulle jou net ‘n louwarm antwoord kan bied. Hulle sal ook sê dat dit onmoontlik is, en dat mens eerder moet gaan wyl hy kan. Vra mens dan of hy sy nuwe vaderland ‘n hand sal leen wanneer hulle langduur probleme al hoe meer voor die hand liggend raak, en die toekoms nie meer so blink skyn nie – dan is die antwoord: „nee ek sal net weer trek.”

 

‘n Weghardloper is iemand wie nie net weghardloop van groter, volksverwante vrae nie, maar dit heel waarskynlik in sy persoonlike lewe ook doen, met verhoudings, werk ens. Dit kom meestal daarop neer dat hulle geen of vreeslik min ervaring het met overcoming, om lyd en swaarheid te ervaar maar dit dan te oorwin. Die ekstase van die sege oor mens se probleme en oor homself is vir hierdie liedens gans vreemd – daarom kan hulle hul ook nie verbeel om dit op ‘n groter skaal te ervaar nie.

 

Hulle soek meestal van lewe net ‘n rustige tempo, gemak, weelde, ‘n groot televisie: en ‘n groter kussing vir hulle vet holle. Stel mens hierdie weghardlopers voor dat hierdie dinge eers na die arbeid en inspanning van geslagte moontlik geword het, dat dit nie net uit die lug uit geval het of saam met emmigrasie papiere gekom het nie, ― wat sal hulle sê?

 

Genoeg oor die weghardlopers.

 

Om te bly gly

 

Hoe vêr my raad of invloed vermag om te strek, weet ek nie om te sê nie. Hopelik kan hierdie opstel enige lig op die onderwerp werp.

 

Diegene wie wil bly, wil dit gewoonlik op grond van ‘n on-klare blik van werklikheid en wat moontlik is. Hulle wil bly, maar dan meestal net hier bly muf terwyl hulle kla en kerm en dieselfde foute maak wat nou al dekades lank met gapende monde gepleeg word. Hulle wil bly, maar ook bly gly: dit is agteruitgang. Hierby is daar ook geen toekoms wat ‘n blanke mens waardig is nie.

 

Wie wil bly, moet ernstig begin dink aan hoe die bedrieglike Bantoe staat tot sy knieë gebring kan word, hoe ons ons reg op ons vaderland kan vat en hoe ons onsself kan afgrens van die wilde kwiek, sodat bevolkingssyfers om ons nie veel saak maak nie, want dit sal net WIT staatsburgers wees wat in ons nuwe land mag stem. Laat die Bantoes maar hulle brood en cirkusse op hulle eie sak finansier.

 

 

Laastens skryf ek hierdie – en bedryf hierdie website oor die algemeen – om myself ‘n sin van gemoedsrus te gee, sodat ek weet ek doen my deel. Meer kan ek nie doen nie.

 

Rakende my eie vooruitsigte: wil ek nog terugkeer na my stamlande in Europa, en wil ‘n gewisse deel van my jeug daar deurbring, want dit lyk vir my soos ‘n lekker ding om te doen. Vir twee jaar het ek my te veel laat beïnvloed deur die breindood Siener mense denkende dat ‘n burgeroorlog of „nag van die panga” terstond gaan plaasvind. Hierom het ek ook my lewe op ys gestel om reg te wees vir enige ‘opwinding’ wat hier mog geskied. Dit het nie eenmaal gebeur nie, en die Siener kultus kreet nog dieselfde wysie as een jaar terug en waarskynlik tien jaar terug.

 

Ek dink Gustav Müller het ‘n knap en wêreldklas organisasie hier begin, en as hulle tog net bietjie wil vermilder en probeer insien dat daar ander mootlikhede vir die ontvouding van die politieke situasie hier is, dink ek hy kan sy onderneming steeds vir seer doeltreffende en interessante oogmerke aanwend – hy kort net ‘n ander uitsien.

 

Laastens beplan ek wel om tydelik te ‘emmigreer,’ maar wil en sal hierheen terugkom om my kinders groot te maak, want dit is my Vaderland.

 

Is die Kaapse Kleurlinge ‘n Dietse teelt?

 

Met hedendaagse pogings om ‘nasiebou’ kan mens sig met reg afvra oor of daar in die geskiedenis van die Dietsdom in hierdie land, voorheen ook sulke poginge was.

 

Eerstens moet dit klaar word wat ‘n nasie is. Hierdie woord kom van Latyn, en lui selfs in sy oorspronklike betekenis: ‘n volk wat uit een stam en een bloed spruit.

 

nation (n)

1300, nacioun, “a race of people, large group of people with common ancestry and language,” from Old French nacion “birth, rank; descendants, relatives; country, homeland” (12c.) and directly from Latin nationem (nominative natio) “birth, origin; breed, stock, kind, species; race of people, tribe,” literally “that which has been born,” from natus […] (vgl. innate, native, natal, nature)

 

Met reg of nie – lyk hierdie woord heelwat soos ons woord naat (verbindings plek), d.w.s. ‘n nasie is dit wat inmekaar ingenaai is.

 

Iedereen kan nou vinnig gaan toets aan watse nasie hy behoort, deur op te let na sy vel-, oë-, haarkleur ens. watse taal hy praat, waarin hy glo – kortliks sy herkoms en toekoms. Hierdie herkoms en toekoms moet immer inmekaar ingenaai wees, die nate wat die volk met mekaar verbind, also is daar geen nasie wat nie hierdie verbindingspunte van gemeenskaplikheid het nie.

 

Ons verskil in al hierdie punte grootendeels van ‘Afrika’ en alle getier wat sich vandag hier bevind. Ons is (meestal) ‘n Noordiese ras en moet ons self as niks minder beskou nie. Die Kleurlingvolk wat in die Kaap ontstaan het, daardie jammer en elendige tjud, wie vandag byna ons eie getalle oorskry en deur die media-meesters voortgevoer word as „die toekoms van Afrikaans” – is dit nie eenmaal nie.

 

Wat ‘n ander skrywer elders as „anglisasie en negrofilisme” beskryf het, is waarskynlik nie al wat deur die Britte na Suid-Afrika gebring was nie, maar ook die Kleurling ras. Wie meer wil weet lees verder die woorde van:

 

H.M. van der Westhuizen, Kultuurbewuswording van die Afrikaner, Kultuurgeskiedenis van die Afrikaner Deel III, Nasionale Boekhandel Bpk., 1950, bl. 56-58

 

‘n Nuwe Nasie

 

Hoewel daar teen die einde van die agtiende eeu nog nie gepraat kon word van volle Afrikaanse nasionale bewussyn nie en gevolglik ook nie van volslae kultuurbewustheid nie, bly dit egter ‘n feit dat ‘n nuwe „Europese” nasie reeds gebore was – die Boerenasie, wat bewys gelewer het dat hy volgens eie karakter, landsaard en geesteskrag wou handel en wandel, m.a.w. eie geestesgoedere wou bou, handhaaf en veredel – dit is, eie kultuurwaardes wou skep. Die bloedstroom van Nederlander, Fransman, Duitser en Skandinawiër het biologies in ‘n nuwe menstipe tot organiese eenheid vervloei; en die produk was nóg Nederlands, nóg Frans, nóg Duits, nóg Skandinawies – dit was Afrikaans, van Afrikaanse bodem, niks meer en niks minder nie. Hoewel die mense maatskaplik groepsgewys geleef, gewerk en beweeg het, het hulle nogtans in natuurlik-organsie verband gestaan. Hulle het ‘n gemeenskaplike kultuurbesit gehad, te wete ‘n eie, selfstandige, ekonomiese boereplaasstelel en woonplek, eie drywende staatsideaal, spreektaal en idioom, verdedigingstelel, bloed-ideologie, Christelik-nasionale opvoedingstandpunt en eties-sosiale struktuur, eie kerklike vorm en tradisie, aangepas by plaaslike omstandighede, eie kunsopenbaringe, volkswysheid en -tegniek, regsideaal – in een woord, lewensopvatting en lewensvorm. Die mate van bewustheid hiervan as eie waardebesit sal wel verskil het van kleiner groep tot groep en van enkeling tot enkeling.

 

Die negentiende eeu se eerste helfte is tereg die tydperk van kultuur-botsing genoem. Die skielike teëskaduwing van die Dietse kultuur en lewensvorm van die Afrikaner teen die Angel-Saksiese beskawing van die Brit, wat hier as oorheerser land en noodwendig ‘n minderwaardigheidsgevoel by voornoemde skep, versnel die tempo van kultuurbewuswording by die Boerenasie.

 

Die bloedsuiwerheid word bedreig as daar skending is van die Godgeskape kleurskeidslyn, wat vir die Boer uit lewenservaring duidelik geword het. Die taal, wat as uitwendige instrument van die innerlike volksbegrip en lewensinhoud gegroei het [20] deur die voorafgegane jare, word bedreig in kerk, skool, regspraak, landadministrasie en op ekonomiese gebied wanneer Engels vooropgestel word. Die selfonderhoudende plaaslewe, met sy werkers wat organies ingeskakel was deur die besondere funksie wat iedereen met lus tot instandhouding van die geheel verrig het, word bedreig wanneer slawe, onder „filantropiese” voorwendsels en bykans sonder vergoeding vir die boere, vry verklaar word, eintlik met die doel om ‘n afsetgebied te skep vir die fabrieksware van die geïndustrialiseerde en suiwer kapitalisties ingestelde oorsese eilandlewe. [21] Die effektiewe Boerekommandostelsel, wat alleen as waarborg vir die beskerming van eie goed en bloed kon dien, word bedreig wanneer oorsese troepe sonder militêre ervaring en kennis van inboorling-taktiek en -mentaliteit die lewe van ‘n oorrompelde Boerenasie moet beskerm. Die gebeurtenis van Slagtersnek in 1815, die bloedvermenging wat plaasvind sedert die koms van Britse troepe en in 1819 op groot skaal verbrei raak, sodat die sogenoemde „Cape Boys” as ‘n nuwe klas ontstaan net nadat ‘n groot deel van die eerste bataljon van die Sestigste Britse regiment in Kaapstad ontslaan is, [22] asook die Britse beleid van Somerset, het regstreeks aanleiding gegee tot die Groot Trek. Hierdie vryheidsuittog mag met reg beskou word as die mees algemeen bewuste kultuurdaad van die Afrikaner tot op hierdie datum. Die oortuiging, moed, opoffering, stryd en geloof daaraan verbonde, spreek van ‘n heldere wete dat dit die enige weg tot nasionale selfbehoud en voortbestaan beteken het. Meer as alles voorheen, het hierdie trek helde-eer, -trots en -ideaal as blywende besieling vir die Boerevolk geskep.

 

Intussen gaan die proses van grondbesetting en die stryd om ‘n eie staat te stig nog altyd voort. Die trekkers sny hul pad oop na die Noorde tot waar die Voortrekker-republieke gestig en gevestig word. Die aangetekende getuienisse van leiers soos Pier Retief, Sarel Cilliers, Louis Trichardt, Andries Pretorius, Hendrik Potgieter e.a. is ene vuur van bewustheid. Die algemene nasiebewussyn was daar.

 

[20] Vgl. in algemene verband hier Georg Schmidt-Rohr se werk: Die Sprache als Bildnerin der Völker (Jena, 1932).

[21] ‘n Standpunt van prof. Dr. W.P. de Villiers.

[22] Vgl. Theal in: History from 1795, Dl. I, bl. 205: „That class of the inhabitants only came into existence in considerable numbers after 1819, when a large proportion of the first battalion of the 60th regiment was discharged in Capetown and thereafter associated almost excluively with the coloured people.”

Wedersiening

~ ~ ~

Dies Schicksal liegt nunmehr über Europa, daß gerade seine stärksten Söhne spät und selten zu ihrem Frühling kommen. – Nietzsche

~ ~ ~

 

Altyd weer, vriende en vreemdelinge wie hierdie site mag lees. Sjalom.

 

Kortliks wil ek ‘n paar gedagtes wat deur my geuiter was hersien, en ook ‘n boek wat ek onlangs gelees het. Vaar mee en laat ek julle wys.

 

Skaapbokke: wêreldologie

 

Dit is vir my heel hartseer om te sien hoe min mense in eenklank met my idees kan val of enigsins iets daaroor te sê het. Dus vêr ervaar ek nog net swyging. Ek dog daar sou tenminste ‘n paar bokke tussen die veragtelike kudde mens van norm-mal-iteit wees, lyk my nie.

 

Dit moet gesê word dat die bok ‘n heilige dier was in voor Christen Europa, dit is immers ‘n eiewyse en selfstandige soort, nie soos skape wie ‘n herder en skaapwagter ens. nodig het nie. Maar tog, self in die OLB word daar verwysing gemaak na die „kudde van Frya” wat mens ook net kan lees as vrye kudde – jawel!

 

Miskien is daar ‘n paar ramme onder die skape wie ore het vir wat ek sê.―

 

‘Orde’ – 18.12.2017

 

‘n Regstelling wat ek hier wil maak, is dat sovêr dit die ‘Germanendom’ betref was dit nie Finland wie laaste gekersten was nie, maar die Wes-Friese of Noord-Hollanders. Sowaar op ‘n wyse wat mens nogal herinner aan die Tweede Anglo-Boere Oorlog, naamlik ‘guerilla’ strategie deur die Wes-Friese boere aangeneem teenoor ‘n imperialistiese owerheid (sien hier, post van 02 Jan.)

 

Daarby wil ek ‘n verduideliking gee van my verwerping van die waardes „liefde, hoop en geloof.” Damals het ek self nog enige trulle gehad om uit te tril, en het dit vermag om ‘n gewisse deel van myself te heel deur blootstelling aan die OLB. Nie meer sal ek die ganse verwerping van daardie waardes in hulle self voorstaan nie, maar bloot net in die sin van Christenskap. Hierdie is allemaal goeie en skoon waardes en lei tot die waxdom van die enkeling en die enkeling saam volk – Liebe ist Kraft.

 

Verder is hierdie opstel die uitgangs- en aanvangspunt van hierdie site.

 

Die Boere sjamaan

 

Die Siener mense moet ek bieg is die enigste liedens in hierdie heksepot wat Suid-Afrika heet wie enige gees aan hulle het. Ongelukkig is hierdie gees verward en zwar gevoer deur Abrahamiese gemors-geloof, sodat mens byna skaam kry vir hulle part.

 

Buiten dit sal ek sê dat ek seker die meeste in gemeen het met hierdie mense as enige ander papbroek patetiese VF+ stemmende nasionalistiese wirwar wat die ‘Boere Volk’ ookal kan oplewer. Hierdie mense het self hulle eie sjamaan! Dit is Siener van Rensburg self! Hy is ‘n sjamaan!

 

Ja, vriende ‘n sjamaan! Kan julle dit glo!

 

In waarheid, die woord shaman, wat glo van Duits in Engels opgegaan het, terwyl die Duitsers dit dan van die Ooste, moontlik so vêr as China sou ingevoer het (sien ook.) Nou, hierdie woord sjamaan lyk skoon of dit wel ‘n samevoeging van SJA (: saw, to see) en MAN is, d.w.s. ‘n see-man of ‘n siener. Die Siener volgers werk met regte magie hoor.

 

Parapsychologie. Die Wissenschaft von den okkulten Erscheinungen. Methodik und Theorie, 1932

Ek sal ook erken dat ek self dink dit moontlik is vir iemand om deur geesteskrag dinge te kan ‘sien’ hetsy huidiglik of in die toekoms. Hierdie vermoë noem mens in Engels clairvoyance, die Teutoniese tale hellsehen, klaarsien of eenvoudig net sien.

 

Onlangs lees ek ‘n heel interessante boek, deur ‘n seer geleerde heer uit Duitsland, wie ‘n paar van hierdie geestesverskynsels bespreek en ook maniere hoe om dit te toets en uit te lê. Die man was Hans Drisch, en moontlik een van die bekwaamste wetenskaplikes van die 20ste eeu wie hierdie saak aangetas het – hy skryf oor clairvoyance:

 

Notwithstanding all these considerations clairvoyance may here be regarded as on the whole probable; (…) Defined in a neutral manner the clairvoyant is a person who makes correct statements about objective natural situations not within the reach of his senses and without it having been possible for him to have acquired this knowledge by means of transference from the actual or latent mental contents of other beings. [Hans Driesch. (1933). Psychical Research: The Science of the Super-Normal. London: G. Bell & Sons, bl. 76-77]

 

Kan mens hierdie beskrywing na Nicolaas ‘Siener’ van Rensburg oordra? Was sy sieninge juis? Word sy gesigte vandag werklikheid? of het dit reeds? of sal dit ooit?

 

Hy skakel hom in met ‘n Satansgees wat nie saamhang met die oorsprong van ons ras nie, selfs sy dissipels aanbid die Jode se woestyngod en ag Hebreeus as ‘n heilige taal. Hoe geestelik hierdie mense is of kan wees is die vraag – terwyl hulle geeste aanhang wat nie met hulle vlees ooreenstem nie en van ander rassebloed afstam. Dit is genoeg gesê.

 

Prometheus and Atlas

 

Mnr. Drisch se boek, wat die eerste Engelse boek was wat ek in omtrent ‘n jaar en ‘n half gelees het, het my toe skoon aangevuur om mnr. Jorjani se boek aantepak wat al ‘n jaarlank op my boekrak staan.

 

Aanvanklik het ek van Jorjani se werk gehoor deur ‘n onderhoud wat ek in April of Mei van 2017 geluister het, terwyl ek Tuks toe gery het om my graad te gaan optel. Hierdie was ‘n rustige ervaring aangesien ek verkies het om my graad na die gradeplegtigheid te gaan haal, omdat so ‘n verbasterde instelling soos wat Tuks geword het tog geen eerbetoning kan vermag deur iets soos ‘n gradeplegtigheid nie (meer hieroor later.)

 

In elkgeval was mnr. Jorjani se woorde vir my byna soos ‘n openbaring, veral die klem wat hy gelê het op die (terug-)ontwikkeling van ons intuïsie. Dit is bekend dat Westerse mens ‘n oor die algemeen ontaarde en gebroke bestaan voer: hy ken homself nie. Hy hang woestyn en asiatiese gelowe aan soos ‘n dom hoer terwyl hy sy eie waarde, sy eie oeroue geskiedenis logen. Hy werk en dink meestal op berekeninge, wat hy ag tot sy materialistiese voordeel hier en daar sal geld, wat hom hier en daar ‘n geldjie in die sak sal bring, ‘n broodjie op die tafel, miskien ‘n lekker stukkie genot in die aand dit is alles fyn.

 

Hierdie mens is siel-loos.

 

Kyk mens in die gelaat van ‘n ware barbaar, laat ons maar sê een uit die „natuur-volke,” dan sien mens nogsteeds meer vuur – meer gees in sy oë as die gemiddelde blanke – wat veronderstel is om blink te beteken! Ons lig en eienaard: ons intuïsie word verdemp deur vuil luft en verkeerde licht: deur verkeerde inligting.

 

So bly daar dan niks van ons intuïsie, ons roustof mens, ons „lizard-brain” oor as ‘n ingekrimpde husk nie. Ons staan laer as diere wat hierdie vermoë betref.

 

Deur die lesing van die werk van Drisch wat my heel goed touwysgemaak het oor die beginsels van hierdie geestes-verskynsels of crafts, is dit klaar dat meeste van die goed „van self” gebeur. D.w.s. ‘n mens kan homself nie dwing om nou ‘n visioen, nou ‘n gedagte te lees ens. nie. Hierdie dinge gebeure allemaal „van self” deur die intuïsie of instink.

 

Nou herinner mens hom dat intuïsie soveel beteken as: direkte insig, onmiddelike begrip; en dat hierdie woord etimologies verbind is aan die woord tutor, wat heet: ‘n wag, ‘n guardian en eindelik ‘n teacher.

 

Nou die woord tutor word verklaar as van Latynse oorsprong, terwyl dit net so goed indien nie beter verduidelik kan word deur die Dietse tale. Tut-or lyk gerade eenders na die woord THJUT van waar die woorde: diets, duits, duidelik, verduidelik, bedui(e), [duiden, deuten] ens. Hierdie woorde het betrekking op taal en volk. Die wyse waarop ons tale ‘n werkwoord verpersoonlik is gewoonlik om ‘n -er agtervoegsel bytevoeg, bv.:

 

skep-er
maak-er
speel-er
ens.

 

Duid-en en deut-en in Nederlands en Duits wys die kennelike Germaanse -en uitgang van werkwoorde, terwyl die oorspronklike werkwoord uitgang eintlik ‘n -A was. Hierdie -a wyse van uitgang is behoue gebly in Sweeds en in ‘n mindere mate in Afrikaans! Glo dit of nie die Afrikaanse werkwoorde, wat gewoonlik net die herhaling van die kern van ‘n woord is, bv. speel – is in Nederlands spelen, en in Sweeds spela. Dat die Afrikaanse werkwoorde net „die kern” is, is omdat dit eenvoudig net die -a verloor het. Hierdie is volgens my een bewys dat ons taal nie ‘n verbastering van ‘Nederlands’ is nie, maar van die voorloper van Nederlands en sowaar een van die oudste en reinste tale ter wêreld.

 

Om terug te kom by THJUT, tutor en intuïsie. Die woord tut-or, lyk dan veel eerder asof dit die kern van duid (dink: verduidelik) bevat + ‘n -er agtervoegsel wat dit dan ==> duider of tutor (*THJUTAR) sal maak. ‘n Tutor is iemand wat dinge ver-duide-lik, beduie, deuten, duidelik maak (THJUTA).

 

Vanaf tutor, wat die erkende wortel van intuïsie is, is die weg nou maklik. Intuïsie is: induiden, innerlike stem (taal), wat aan die binnekant duidelik word, inner Teuton.― Dit sou lui *INTHJUTJA, wat in Engels intuit nog duidelik is, terwyl daar dieselfde gebeur het as met Afrikaanse werkwoorde: naamlik ‘n verlies van uitgangs -a | intuit = intuit[-a].

The Century Dictionary, The Century Co., New York, 1911

 

So wat het intuïsie, wat ook die innerlike taal genoem kan word, nou te doen met gees? Dit volg dat as geestelike verskynsels dan meestal „van self” gebeur – en intuïsie juis dinge is wat mens spontaan of „van self” begryp of verstaan, die waxing van intuïsie sal lei tot die groei van innerlike begrip, wat sowaar gees is.

 

This harks back to the original meaning of the word genius as a guardian spirit given to a man at birth as a source of inspiration. It is the Greek daimon of Socrates. Kant refers to this spirit as the “animating principle of the mind,” and it is what is lacking when we judge that for all its technical perfection, or even despite a very tasteful presentation, some poem, person, or conversation is “without spirit.” [Jason R. Jorjani. Prometheus and Atlas. (2016). London: Arktos Media Ltd. bl. 118]

 

Immer weer kom die vraag: watse taal praat jou hart? As Afrikaans afgelei is van God se Taal of Vrye Taal – wat die name is wat die ou Friese volk hulle taal gee – terwyl hierdie moontlik die lood tot in die verste geskiedenis is sowel die taal wat deur al die volke wat vandag hulself as ‘Noordies’ beskryf mag gewees het: dan is ons taal ons skakel tot die verste geskiedenis van ons ras. Dit is die Quickborn tot ons geesteskrag en geestesmag: ons magie.

 

Their memory was mediated more by an exquisite instinct than by deliberation. They had other animal psychical capacities as well, such as clairvoyance, telepathy, and psychokinesis, but at a higher level of efficacy commensurate with the technical orientation towards the world that is afforded by the human form of life. Most of their technology was based on the channelling of the vital force of organisms by these extrasensory or psychokinetic means. (…) However, the technical mastery of psychical abilities came with its own catastrophic dangers. Since the Atlanteans were the first people to develop the use of language, and since their communications with one another were predominately telepathic, words had a power that they no longer do. While they could be used to heal, these words of power could also be used for harming people at a distance and with impunity – especially people with less developed psychical faculties. [ibid. bl. 273]

 

Hier bespreek Jorjani mites oor Atlantis of wat elders bekend was as ALDLAND, geskryf deur Rudolph Steiner (sien ook.)

 

Hierdie animerende of odilliese krag wat pas genoem was in die aanhaling, en wat ek al eenmaal van tevore genoem het, is ‘n manier van wêreldbegrip wat vir ons vreemd is. Dit mag seker nagenoeg beskryf word as ‘n soort van animisme – terwyl dit overal en onder allerleie name in die laaste 200 jaar herontdek was:

 

Kentekens of elemente van ‘n vitalistiese wêreldsverklaring vind mens ook in die werke van Franz Anton Mesmer („animalischer Magnetismus“), Karl von Reichenbach („Od“), Alfred Russel Wallace („a new power vitality“), Henri Bergson („élan vital“), Alfred North Whitehead („creativity“), Pierre Teilhard de Chardin („Radiale Energie“), Wilhelm Reich („Orgon“), Adolf Portmann („Selfdaarstelling“), Arthur Koestler („The Ghost in the Machine“), Ken Wilber („holon“), Ervin László („Akashic field“) en Rupert Sheldrake („Morphogenetic Feld“), sowel in die vêr-oostelike vorstelling van die lewenskrag Prana of Qi. [Vertaling van Duitse Wiki oor ‘Vitalismus’]

 

Die terugkryging van ons intuïsie, deur die herontdekking van ons taal, is die wederopstanding van ons volk – of sal dit wees.

 

Wetenskap

 

Terwyl universiteite soos Tuks vandag blykbaar lief is om narre en hekse van die derde rang aan te stel as dosente, wie ‘n wetenskap leer wat ons vyandig is en haatlik, sou dit nie wonderlik wees om werke soos bg. daar te kry nie? Dit is werke en teorië wat sal lei tot die verbetering van ons plek in die wêreld en die vergoddeliking van ons ras? Waarom laat ons nog toe dat hondsdolle feministe soos Christi van der Westhuizen hulle werk onder die Teologiese Fakulteit plaas, waarin sy voortvaar om te kla dat plekke soos Durbanville en Centurion (voorheen bekend as Verwoerdburg) ‘n aard van „boereworsgordyn” het wat glo deur magiese werkinge anderskleuriges repell.

 

Sien: Van der Westhuizen, C., 2016, ‘Afrikaners in post-apartheid South Africa: Inward migration and enclave nationalism’, HTS Teologiese Studies 72(1), bl.4

 

Saam met sulke liedens word daar muggles en mudbloods toegelaat wie nie eenmaal daar hoort nie, en wie lyk my ons ietwat voor is wanneer dit kom by ons wetenskap te hervorm: science must fall. Voeg mens nog and religion too daarby, dan is dit eintlik ‘n heel gepasde uitspraak. Geloof en wetenskap was in die ou wêreld een ding.

 

Geesteswetenskappe staan ryp vir ‘n rewolusie.

 

Arbeid maak vry

 

In 2016, na my ou wêreld vernietig was deur die Swart Studentestakings van 2015 en die gedwongenes tot nuus lesing wat ek ook om die selfde tyd moes begin doen, het ‘n medestudent vir my ‘n sekere boek voorgestel om my ietwat ligter te laat uitsien.

 

Hierdie boek sou handel oor een of ander ‘personage’ wat in die konsentrasie kampe ingeskik was, en trots die haaglike omstandighede wat op hom gewerp was, nogtans ‘n manier gekry het om gelukkig uit te sien en vrolik te wees. Hierdie boek het ‘n groot indruk op my vriend gemaak en ek glo ek het al eenmaal voorheen ook daarvan gehoor.

 

Ek het egter nooit hierdie boek gekoop nie en is ook bly ek het nie, daar ek intussen geleer het dat daar heelwat ‘wonders’ wat die Jode betref in die 30-40’er jare gebeur het – moontlik was hierdie boek een van hulle.

 

Also kan ek nie help om oor die boodskap van hierdie boek te dink nie, naamlik dat mens sy lewensuitkyk – wat immer van binne af buitentoe geskied – so kan instel dat sy hele wêreld ‘n ander gestalte aanneem, selfs wanneer sy uiterlike omstandighede boos uitsien (in hierdie geval was dit ‘n knaap wie se denkwyse so sonnig en gelukkig was dat, trots die konsentrasie kamp wat hy ingeskik was, sy gesondheid en lewensgeluk sy metgeselle sin vêr oortref het, en danksy dit het hy ook die ‘ordeal’ oorleef en was sterker daarvoor.)

 

„We born-frees”

 

Die sogenaamde ‘born-free generation’ is glo die liedens – hulle mag afstam van wie hulle wil – wie na die donker apartheid jare, d.w.s. in die tyd van sonskyn, reënboë en demokrasie gebore is.

 

Nou, in die OLB word daar meestal na die blanke noordiese rasse as „Fryas bern” verwys. Die woord BERN is die wortel vir Engl. born asook in die Skandinawiese tale steeds die woord vir kind. Die naam Bernhard het also ‘n heel mooi dubbelsinnigheid daaraan, omdat dit o.a. ‘kinderhart’ = die hart van ‘n kind kan beteken.

 

So is dit klaar dat blanke jeug wie in Suid-Afrika na 1994 gebore is, nie net born-free is nie maar ook fryas-bern.

 

Wat beteken ‘vry’?

 

Onlangs het ek vir interesantheids onthalwe die woord instink probeer oorsit in ‘n rein Noordiese begrip, om dit beter te kan verstaan. Dit was nie ‘n maklike taak nie, omdat die Noord-Europese volke waarskynlik nie sulke woord nodig gehad het nie, omdat hulle wêreld heel anders uitgesien het (sien bv. die dubbelsinnigheid van die woord TOCHTA).

 

Immer kom my vertaling vir ‘instink’ terug na die woord vry, hetsy in verbinding met ‘n ander woord (bv. vrymoed, vryetochte) of op sy eie (vry -heid, -dom, -nis ens.) (Sien ook bespreking i.v.h. posts vanaf 23.10.10 11:00 AM — 24.10.10 07:34 AM)

 

Mens moet ook weet dat die aardsmoeder (moeder, gemoed, moed, Engl. mood het almal dieselfde wortel: MOD) van die blanke rasse ‘Frya’ genoem word. Hierdie is kensketsend vir die wyse van naam gewing in daardie tyd, daar hierdie mense alledaagse woorde uit hulle taal gevat het en eenvoudig ‘n uitgangs -a, -o, -ia ens. bygevoeg het om ‘n mans of vrouens naam daarvan te maak. So sien mens nogsteeds die mansnaam ‘Fry’ in die Skandinawiese mitologië.

 

Die betekenis van FRY is te wyd om in hierdie kort opstel te bespreek, allerdings is dit opmerklik dat hierdie die grond van die blanke rasse se gemoed, aard, tipe en ja selfs siel is.

 

Wanneer ons nie vry is nie, dan moet ons begin werk om vry te word, dit kom net deur arbeid.

‘n Verduideliking van ‘Dietsland’ vir die volk

Gemeet met die tyd en tydsgees waarin ons leef, kan mens my seker beskuldig van raserny of lydend aan een of ander hersenskim dat ek die naam Dietsland vir my webwerf en toekomstige land van die Boere in Afrika gekies het. Ek sal hier probeer duidelik maak waarom ek dit gedoen het.

 

Die benaming ‘Diets’ is hoegenaamd nie nuut nie, en het in die 30’s en 40’er jare laas groot betrekking en bespreking geniet. So vêr ek weet is Dan Roodt die eerste wie die naam in die jongste tyd weer opgebring het (sien sy opstel Afrikaner en Hollander: Dis tyd dat ons mekaar vind).

 

Trots die verbinding met daardie jare, is die naam vir ons seer gepas en sal ook altyd wees vir solank ons bloed suiwer diets bly.

 

Wat beteken diet(s)?

 

Die ou skryfwyses van die naam draai almal rondom THJUT wat se kern ‘volk/ taal’ beteken. Diet(s) en Duit(s) trek hulle oorsprong terug na hierdie woord, en dui op ‘n besondere volk wat ‘n besondere taal spreek. ― Die taal en die volk is dus één en onafskeibaar van mekaar. ―

 

Mens kry allerhande samestellinge met hierdie THJUT bv. bedui(e), verduidelik e.a. Behalwe die benaming ‘Duits’ word dit vandag dan meer gebruik by sake van taal as volk, maar soos reeds gesê dit het oorspronklik beide beteken.

 

‘Dietsland’ in die ou skryfwyse sal dan THJUT.S.LAND lui: (die) volk se land/ (die) taal se land.

 

‘Duitsland’ is dus die enigste land wat vandag so benaming het (alhoewel hulle verradelike politikuste dit probeer verander), terwyl ‘Nederland’ soos ‘Suid-Afrika’ geen betrekking het op die etniese bevolking of sy taal nie, maar bloot ‘n beskrywing van ‘n landskap is waar daar toevallig ‘n samekoms van allerlei afsonderlike volke is.

 

Die naam ‘Nederlander’ of ‘Suid-Afrikaner’ beteken dus niks. Selfs daardie land wat die ‘uitverkorenes’ besig is om by die Palestyne te steel het ‘n beter naam: dit heet „Israel” of „Judea” en is nouliks verbind met die volk wat dit bewoon (besteel).

 

Hoe sou so ‘n Dietsland uitsien?

 

Mens kan wel wonder hoe ek so ‘n land insien, daar ek my so openlik teen Christenskap uitgesit het, watse Christen (wat huidiglik meeste Dietsers of Afrikaners hulself nog noem) sal dan wil bydra tot so ‘n land?

 

So ‘n land sal geloofsvryheid hê, daar dit onwaardig is vir enige blanke mens om van hierdie vryheid ontneem te word. Ek het ook nie die mag om kruistogte uit te voer soos die ou Christene gedoen het nie – en wil dit ook nie doen nie. Die tyd dat blankes mekaar uitmoor a.g.v. een of ander Joodse mitologie is lank verby, genoeg van ons bloed was al gemors op sulke nonsens.

 

Dietse Christene (ook Liberale, aanhangers van Vrye Markte, Libertynisme ens. – want hierdie alles is Joodse mitologie) sal geduld word, vir so vêr hulle getrou gebly het aan hulle volk en bloed in ander opsigte.

 

~ ~ ~

 

Daar is vele onsin in hierdie wêreld, en niemand kan sê dat hy heeltemal vry van dit was of is nie, ons almal moet ons weg uit die verstrooidheid en sielloosheid van moderniteit vind, en mekaar ook daarmee help.

 

Dit is die doel van hierdie webwerf en daardeur hoop ek om eindelik genoeg goeie mense te ontjudaiseer om bevoeg en gesond genoeg te wees vir die oprigting van ‘n nuwe wêreld.