Is die Kaapse Kleurlinge ‘n Dietse teelt?

 

Met hedendaagse pogings om ‘nasiebou’ kan mens sig met reg afvra oor of daar in die geskiedenis van die Dietsdom in hierdie land, voorheen ook sulke poginge was.

 

Eerstens moet dit klaar word wat ‘n nasie is. Hierdie woord kom van Latyn, en lui selfs in sy oorspronklike betekenis: ‘n volk wat uit een stam en een bloed spruit.

 

nation (n)

1300, nacioun, “a race of people, large group of people with common ancestry and language,” from Old French nacion “birth, rank; descendants, relatives; country, homeland” (12c.) and directly from Latin nationem (nominative natio) “birth, origin; breed, stock, kind, species; race of people, tribe,” literally “that which has been born,” from natus […] (vgl. innate, native, natal, nature)

 

Met reg of nie – lyk hierdie woord heelwat soos ons woord naat (verbindings plek), d.w.s. ‘n nasie is dit wat inmekaar ingenaai is.

 

Iedereen kan nou vinnig gaan toets aan watse nasie hy behoort, deur op te let na sy vel-, oë-, haarkleur ens. watse taal hy praat, waarin hy glo – kortliks sy herkoms en toekoms. Hierdie herkoms en toekoms moet immer inmekaar ingenaai wees, die nate wat die volk met mekaar verbind, also is daar geen nasie wat nie hierdie verbindingspunte van gemeenskaplikheid het nie.

 

Ons verskil in al hierdie punte grootendeels van ‘Afrika’ en alle getier wat sich vandag hier bevind. Ons is (meestal) ‘n Noordiese ras en moet ons self as niks minder beskou nie. Die Kleurlingvolk wat in die Kaap ontstaan het, daardie jammer en elendige tjud, wie vandag byna ons eie getalle oorskry en deur die media-meesters voortgevoer word as „die toekoms van Afrikaans” – is dit nie eenmaal nie.

 

Wat ‘n ander skrywer elders as „anglisasie en negrofilisme” beskryf het, is waarskynlik nie al wat deur die Britte na Suid-Afrika gebring was nie, maar ook die Kleurling ras. Wie meer wil weet lees verder die woorde van:

 

H.M. van der Westhuizen, Kultuurbewuswording van die Afrikaner, Kultuurgeskiedenis van die Afrikaner Deel III, Nasionale Boekhandel Bpk., 1950, bl. 56-58

 

‘n Nuwe Nasie

 

Hoewel daar teen die einde van die agtiende eeu nog nie gepraat kon word van volle Afrikaanse nasionale bewussyn nie en gevolglik ook nie van volslae kultuurbewustheid nie, bly dit egter ‘n feit dat ‘n nuwe „Europese” nasie reeds gebore was – die Boerenasie, wat bewys gelewer het dat hy volgens eie karakter, landsaard en geesteskrag wou handel en wandel, m.a.w. eie geestesgoedere wou bou, handhaaf en veredel – dit is, eie kultuurwaardes wou skep. Die bloedstroom van Nederlander, Fransman, Duitser en Skandinawiër het biologies in ‘n nuwe menstipe tot organiese eenheid vervloei; en die produk was nóg Nederlands, nóg Frans, nóg Duits, nóg Skandinawies – dit was Afrikaans, van Afrikaanse bodem, niks meer en niks minder nie. Hoewel die mense maatskaplik groepsgewys geleef, gewerk en beweeg het, het hulle nogtans in natuurlik-organsie verband gestaan. Hulle het ‘n gemeenskaplike kultuurbesit gehad, te wete ‘n eie, selfstandige, ekonomiese boereplaasstelel en woonplek, eie drywende staatsideaal, spreektaal en idioom, verdedigingstelel, bloed-ideologie, Christelik-nasionale opvoedingstandpunt en eties-sosiale struktuur, eie kerklike vorm en tradisie, aangepas by plaaslike omstandighede, eie kunsopenbaringe, volkswysheid en -tegniek, regsideaal – in een woord, lewensopvatting en lewensvorm. Die mate van bewustheid hiervan as eie waardebesit sal wel verskil het van kleiner groep tot groep en van enkeling tot enkeling.

 

Die negentiende eeu se eerste helfte is tereg die tydperk van kultuur-botsing genoem. Die skielike teëskaduwing van die Dietse kultuur en lewensvorm van die Afrikaner teen die Angel-Saksiese beskawing van die Brit, wat hier as oorheerser land en noodwendig ‘n minderwaardigheidsgevoel by voornoemde skep, versnel die tempo van kultuurbewuswording by die Boerenasie.

 

Die bloedsuiwerheid word bedreig as daar skending is van die Godgeskape kleurskeidslyn, wat vir die Boer uit lewenservaring duidelik geword het. Die taal, wat as uitwendige instrument van die innerlike volksbegrip en lewensinhoud gegroei het [20] deur die voorafgegane jare, word bedreig in kerk, skool, regspraak, landadministrasie en op ekonomiese gebied wanneer Engels vooropgestel word. Die selfonderhoudende plaaslewe, met sy werkers wat organies ingeskakel was deur die besondere funksie wat iedereen met lus tot instandhouding van die geheel verrig het, word bedreig wanneer slawe, onder „filantropiese” voorwendsels en bykans sonder vergoeding vir die boere, vry verklaar word, eintlik met die doel om ‘n afsetgebied te skep vir die fabrieksware van die geïndustrialiseerde en suiwer kapitalisties ingestelde oorsese eilandlewe. [21] Die effektiewe Boerekommandostelsel, wat alleen as waarborg vir die beskerming van eie goed en bloed kon dien, word bedreig wanneer oorsese troepe sonder militêre ervaring en kennis van inboorling-taktiek en -mentaliteit die lewe van ‘n oorrompelde Boerenasie moet beskerm. Die gebeurtenis van Slagtersnek in 1815, die bloedvermenging wat plaasvind sedert die koms van Britse troepe en in 1819 op groot skaal verbrei raak, sodat die sogenoemde „Cape Boys” as ‘n nuwe klas ontstaan net nadat ‘n groot deel van die eerste bataljon van die Sestigste Britse regiment in Kaapstad ontslaan is, [22] asook die Britse beleid van Somerset, het regstreeks aanleiding gegee tot die Groot Trek. Hierdie vryheidsuittog mag met reg beskou word as die mees algemeen bewuste kultuurdaad van die Afrikaner tot op hierdie datum. Die oortuiging, moed, opoffering, stryd en geloof daaraan verbonde, spreek van ‘n heldere wete dat dit die enige weg tot nasionale selfbehoud en voortbestaan beteken het. Meer as alles voorheen, het hierdie trek helde-eer, -trots en -ideaal as blywende besieling vir die Boerevolk geskep.

 

Intussen gaan die proses van grondbesetting en die stryd om ‘n eie staat te stig nog altyd voort. Die trekkers sny hul pad oop na die Noorde tot waar die Voortrekker-republieke gestig en gevestig word. Die aangetekende getuienisse van leiers soos Pier Retief, Sarel Cilliers, Louis Trichardt, Andries Pretorius, Hendrik Potgieter e.a. is ene vuur van bewustheid. Die algemene nasiebewussyn was daar.

 

[20] Vgl. in algemene verband hier Georg Schmidt-Rohr se werk: Die Sprache als Bildnerin der Völker (Jena, 1932).

[21] ‘n Standpunt van prof. Dr. W.P. de Villiers.

[22] Vgl. Theal in: History from 1795, Dl. I, bl. 205: „That class of the inhabitants only came into existence in considerable numbers after 1819, when a large proportion of the first battalion of the 60th regiment was discharged in Capetown and thereafter associated almost excluively with the coloured people.”