Ter herstel van ‘n besielde Wêreld

Die Misantroop, Pieter Bruegel, 1568

 

Die menslike ligaam so wel die wêreld het in die laaste eeue ‘n geweldige verandering ondergaan. ‘n Versteuring van die ewewig wat vir ‘n lang tyd daar was.

 

Die oppervlakkigste van hierdie veranderinge is die manier waarop ons lyf en wêreld verstaan. Ons hedendaagse begrip daarvan mag wel die loodregte teenoorgestelde wees as wat dit oorspronklik was: ‘n omgekeerde aardbol om die minste te sê.

 

Reeds is dit bekend dat ‘die vlees’ en ‘die wêreld’ in die Joods-Christen opvatting tot die drieeenheid van bose toegeskryf word. Beide hierdie begrippe word as onrein, vervalle en die belasteringste: on-geestelik voorgestel.

 

Slaan mens sy Afrikaanse woordeboek by ‘wêreldlik’ oop, dan vind hy terstond: nie-geestelik, nie-kerklik, tydelik daar.

 

Dit was vir my ‘n verrassing om te lees dat selfs die werk van Schopenhauer, sy Welt als Wille und Vorstellung, aan die einde van die eerste boek heel goed saamknoop met die Christen leer. Schopenhauer se grond-opvatting is dat die wêreld = lyd en smart, en dat mens hierdie smart moet vernietig deur sy eie wil te vernietig; terwyl hy die wil min of meer as die siel verstaan, welke se suidpool by die geslagsorgane lê.

 

Nie vir niks staan sy naam vandag by die Engelse etimologie van die woord pessimisme:

 

As a name given to the doctrines of Schopenhauer, Hartmann, etc., that this is the worst possible world, or that everything tends toward evil, it is first recorded 1835, from German pessimismus (Schopenhauer, 1819).

 

Om die woord ‘pessimisme’ te verstaan – wat nie eintlik ‘n woord is nie – beskryf die verduideliking van G.J. van Wyk dit heel goed:

 

pessimis s.nw.
Persoon wat van nature die slegste verwag of sien.

 

Terwyl ‘natuur’ waarskynlik ook ‘n ingevoerde woord uit Latyn is, kan hierdie dan beste beskryf word deur aard(e). D.w.s. pessimisme is om ‘n geaardheid te hê wat neig tot hopeloosheid, geen goeie verwagtinge vir die toekoms hebbend.

 

Ek moet bieg dat ek self deur so ‘n pessimistiese gees vir ‘n paar jaar besiel was, en dat dit geen manier is om mens se lewe te leef nie.

 

Hoe gebeur dit dan dat so ‘n groot denker as Schopenhauer hom so vervat het in ‘n wêreldverneinende lewensbenadering – wat, wanneer mens die Bybel noukeurig gaan lees, nie veel verskil van die Christen leer nie. Naamlik dat beide die wêreld en die lyf as wesenlik sleg beskou is, en dat dit oorwin of vernietig moet word.

 

So veel as wat ek van Schopenhauer se werk op eerste deurlees kon verstaan, wil hy ‘n toestand van algehele kalmte en besonnenheid bereik deur die wil heeltemal te verhonger en te vernein, dit omdat die wil as deel van die wêreld beskou word – terwyl die wêreld wesenlik net lyd en smart behels, die menslike wil dieselfde. Hierom moet die menslike wil, en daardeur die wêreld vernein en vernietig word – wat glo lei tot saligheid.

 

Soos reeds bekend word die menslike ligaam as vervalle en die vermetelheid om gebore te word as ‘sonde’ by die Joods-Christen lere beskou. Hierby word die wêreld en alles wêreldlik as die ryk van bose geag. Die Christen mens kan hom egter van hierdie wêreld en sy boosheid en smart verlos deur die geloof in die heiland Jesus Christus – sodoende die wêreld oorwin en toegang kry tot die hiernamals.

 

Christenskap sowel die leer van Schopenhauer is van Asiatiese oorsprong

 

Mens moet eintlik sê Afrikaans-Asiaties wanneer mens ‘n wêreld verneinende leer soos bg. wil beskryf. Om die wêreld as wesenlik lydend of lyd verwekkend te beskou, verklap ‘n geloof van iemand vir wie lyd ‘n wesenlike deel van sy geaardheid is. Dit maak dan sin dat hy lyd in alles sal sien, veral in die wêreld.

 

So word dit heelwat makliker om iemand se geloof of lewensopvatting te verstaan en selfs te voorspel, wanneer mens bekend is met sy aard en moed – wat hy is.

 

Wanneer ek dan sê dat hierdie twee lere van Asiatiese oorsprong is, is dit omdat dit min of meer die aard of tipe mens wat lank gelede met die Ooste verbind was, ooreenstem. Die geel rasse van die Ooste, as Finda se volk(e) bekend, dra dan die stempel van hulle aardsmoeder, waarvan die woordkern vind, to find is. Uit ‘n Europese oogpunt het die Asiate dus ‘n neiging na vindingrykheid, omdat hulle volk(e) se oorsprong beskryf word met daardie woord.

 

Die swart rasse uit Afrika se grond gemoed, of aardsmoeder was as Lyda bekend, waarvan Afr. lyd die kern is. Soos ons vandag van bv. Bantoe volke praat was die voorheen dan Lyda se volke – volke vir wie lyd ‘n wesenlike deel van hulle gemoed en geaardheid is.

 

Mens sien also in die leer van Schopenhauer sowel die van die Joodse Boeddha lyd en vindingrykheid as grondbestandele. Hierdie eienskappe is strydend met hoe die NW-Europese hulself beskou het, naamlik as Frya se volk(e). Afr. vry is die kern van hierdie volksnaam en beteken so veel as wat dit vandag nog in Afrikaans doen. Die wit of blanke volke se gemoed was dan as wesenlik vry beskou – hulle aard of aardsmoeder na.

 

So, deur die kennis wat vir ons beskikbaar is deur die Oera Linda Boek, kan ons leer dat die blanke volke in omkruis van wat vandag die Nederlande en Duitsland woon die menslike geslagte as volg verstaan het:

  • Wit mense = vrye mense, ‘n vrye geaardheid (Frya)
  • Geel mense = vindingsryke mense, goed in dinge uitvind (Finda)
  • Swart mense = lydende mense, ‘n geaardheid wat neig tot lyding (Lyda)

 

Hoe het ons volk, die vrye volk, die wêreld verstaan?

 

Die vrug van my navorsing in 2017 is die opstel ‘Orde’, geskryf in Desember van daai jaar en bedoeld vir die Joeltyd van 21 Des. 2017, ofskoon dit eers later die lig gesien het.

 

Mens kan daar gaan lees oor hoe ons voorgeslagte deur hierdie verderflike leer bevrug of verkrag was.

 

Om die minste te sê was die lyf vir hulle ‘n goeie ding, terwyl dit skoon die wortel is van verlief, liefde, lewe, geloof, belofte e.a. ― ‘n Aansienlike woord.―

 

Die woord wêreld het egter die grootste „umwertung” ondergaan. Wat mens as die owergod of die geheel van die vrye (Frya) wêreledsaanskouing kan verstaan, is die begrip WR.ALDA. Hierdie woord het aanvanklik vir my ook vreeslik uitgesien, en ek kon nie glo dat so ‘n milde volk sulke harde en vreemde naam vir hulle godheid sou toeken nie.

 

Soos mens egter meer leer verstaan mens dat daar heelwat klankverskuiwings in die Teutoniese (Duits, Diets, Fries) tale gebeur het, wat sommige ouer woorde vandag vir ons vreemd of snaaks laat lyk.

 

Die dubbel ‘v’ of ‘w’ kon in die middeleeue nog gelees word as ‘n ‘u’ of ‘uu’ vandag vir ons doen. So is die eerste lid van VVR.ALDA eintlik ur-, of nader geskryf oer-, terwyl die tweede lid ons woord oud ooreenstem, maar reiner oorgelewer is in Engl. old en Duits Alt(e).

 

D.w.s. WRALDA kan eerstens gelees word as Uralte, ur-old, oeroud(e).  Tweedens kan dit eenvoudig gelees word as Welt, world, wêreld(e), terwyl die Afrikaanse uitspraak dit nader tref aan die oorspronklike as beide Duits en Engels.

 

Mens vergewe asseblief hierdie woordevloed, maar dit is nodig om die punt van hierdie opstel deurtevoer.

 

Die wêreld is goed

 

Eindelik sou die woord ‘wêreldlik’ WRALDALIK in die ou spraak lui. Dit sou verstaan word min of meer soos wat ons vandag goddelik, volmaakd, ewig – verstaan. Tog is die begrip van die woord die teenoorgestelde.

 

Wanneer dit daarop neerkom dink ek nie hierdie mense se begrip van die wêreld se alomteenwoordigheid, vooruitsienendheid en voorbestemdheid van sy skepselinge – veel verskil van die Calvinistiese opvatting van die voorbeskikking deur God of predestination nie. Ongelukkig voeg hulle net die woord ‘God’ wat in hierdie ou taal eenvoudig ‘goed’ beteken, die wêreld toe.

 

Mens mag my moontlik beskuldig van haarklowery of die opheffing van my eie god terwyl ek dié maar net gelykstel aan „alles goeds” of die beste dele van ander gode of watookal. Mens sien dit deesdae gereëld. Ek glo egter dat die herstelling van die woord wêreld as God en goed, en ook die begrip van die woort lyf en wat sig alles daarin wortel, werklik verligtend is.

 

Wanneer mens nie meer die ligaam waarin hy woon – hetsy lyf of aarde of wêreld – belaster en bedink van allerlei sonde en slegheid en boosheid nie, maar eerder as goed beskou, dan word die baan oopgemaak vir werklike vryheid. Dit behels dus ‘n wêreldsomwenteling: ‘n rewolusie in denke, dade en gedagtes.

 

~

 

‘n Duitser met die naam Franz Anton Mesmer het in die laat 1700’s ‘n nuwe wyse van heilkunde ontdek, wat in daardie tyd strydig was met vele bygelowe en wetenskap van die dag. Sy uitvindsel draai grootliks om die erkenning van ‘n „seer fyne vloeistof” wat deur alles en almal gevleg is, deur die hele natuur en heelal.

 

Sy leerling Karl Christian Wolfart wie mnr. Mesmer in sy ou jare gehelp het om sy leer te boek testel, het ‘n inleiding van ‘n paar bladsye geneem om sy vertaling van die Franse woorde wat Mesmer moes gebruik om sy leer uit te oefen, terug te vertaal in Duits. Hy het vir die woorde wat grootliks draai om Lat. fluidum vertalings as vloed, vloeistof, vloeibaarheid ens. gekies. Terwyl hy vir wat as die fluide universal bekend was al-vloed of gesamentlike vloed gebruik het.

 

Mnr. Mesmer self het dikwels sy leer as werkend deur die elemente lug, water en äther beskryf. Hierdie alles saamgevat kom die „seer fyne vloeistof” wat deur alles vloei: die „alvloed” op niks anders uit as die woord gees nie, wat die vertaler nie eenmaal aan gedink het nie. (Sien bespreking op bl. 31-37 hier)

 

Terwyl die woord gees nie net wese, spiritus, ghost, vuur e.a. beskryf nie, maar ook die wortel van die woord gas is, wat dan beteken ‘n „seer fyne vloeistof” – moet sy begrip ‘fluide universal’ as niks anders bekend wees nie as die wêreld gees. (WR.ALDA.S GÁST)

 

Meneer Mesmer se leer kan allerdings onder Natuur-Filosofie of Natuur-Heilkunde verstaan word, wat eintlik niks anders is as Wêreldwysheid nie, ‘n woord wat ook in onmin geraak het die laaste tyd. Eindelik was sy naam na sy dood verewig tot die woord wat vandag as mesmeriseer, mesmerize, Mesmerismus bekend staan – hierdie alles beteken om te bekoor, te betoor, te bevang.

 

Later is sy werk deur ander natuurheilkundiges (:wêreldheelkundiges) in Duitsland toegepas, die vernaamste van wie ek weet Carl Huter is. Vandag werp die werk van mnr. Rupert Sheldrake uit Brittanje ook ‘n nuwe lig op dié van Mesmer.

 

Om Mesmer se leer of sy werking hier te beskryf sal die opstel te lank maak. Dit is egter ‘n besielende wyse om die wêreld en alles wat daarin is te verstaan. Dit help sin maak van baie dinge, veral geestelike verskynsels wat moeilik of nie andersins verduidelik kan word nie.

 

Franz Anton Mesmer het van sy tydsgenote vele teenstand vir sy ontdekking ontvang. Sy werk en nalatanskap spreek egter van self. ‘n Mooi voorbeeld vir ons.