Die ontdekking van Afrikaans

Das Auge Gottes – Jakob Böhme

 

Die afgelope twee jaar het my vele arbeid gekos om my moedertaal weer my eie te maak. Dit het vir my grootliks gedraai om die vraag van gesag: watse taal het die laaste woord?

 

Mens kan dit ook uitdruk as watse taal praat jou hartWelche Sprache spricht dein Herz?

 

Dit was ook nie tot die laaste twee jaar wat ek veel oor hierdie woorde gedink het nie, taal en hart, hierdie was vir my dinge wat die eenvoudiges hulle mee besig gehou het. Gevolglik het Engels vir my gesag gedra, omdat dit die enigste ander kultuurtaal was wat ek geken het, en wat mens toegang gee tot ‘n groter poel van kuns en wetenskap as wat net Afrikaans sou.

 

Ook het ek nooit daaraan gedink om Nederlands te leer nie, die blootstelling wat ek daaraan gekry het was nul en die taal het vir my ook ietwat vreemd uitgesien. Dit spreek dan vanself dat Afrikaans maar my moeder se kombuistaaltjie was, wat mens met vriende en familie praat – maar tog nie eenmaal so plat sal wees as om dit vir ‘n „hoë” taal te waan nie.

 

Ek het begin wonder oor waarom Engels vir my ‘n meer gesaghebbende taal is. As mens na die herkoms van die Engelse woordeskat gaan kyk, is haas alles van ander tale en volke afkomstig. D.B. Bosman het genoem dat die taal omtrent halfte Germaans en anderhalf Romaans is. Dit beteken dat die helfte van die woorde van die Latyn-gegronde tale (met name Frans) in Engels opgegaan het, en die ander helfte dan van Teutoniese (Duits, Diets, Fries) en Skandinawiese tale. ‘n Lekker lawwe Mischsprache vir die wie daarvan hou.―

 

Dat Engels vir ons gesaghebbend is berus ook in die feit dat dit eenvoudig met meer begeestering gepraat word, daar steek werklike gevoel in hulle woorde, terwyl mens nie altyd dieselfde kan sê vir ons nie. Wie dan hierdie begeestering wil vertaal in ‘n impotente spraak sal niks anders doen as misgeboorte gee aan woorde wat vir niemand bekoring doen nie. Dit kom van naaping en die VRLÉREN (: verleer, verloor) van die eie herkoms en geskiedenis, ook Romeinse bloedsmenging en Christenskap.

 

Ek kan ‘n voorbeeld gee van ‘n woord wat in beide Afrikaans en Engels is, terwyl dit van Latyn afkomstig is, also nie die oorspronklike woord van enige van die twee tale nie. Hierdie woord heet religie of religion, wanneer mens beide hoor trek die Engelse weergawe mens meer, dit het meer gewig en maak aanspraak op meer van mens se agting. Die Afrikaans klink half flou. Dat die Engels vir ons meer bekorend klink kan wees omdat ons dit meer daarin gehoor het, terwyl Afrikaans die woord geloof in plek van religie as gangbaar gebruik.

 

Allerdings is ‘religie’ vir ons ‘n vreemde woord, afkomstig van Suid-Europa.

 

Dat ‘n volk se taal- en bloedsopbou in noue verband met mekaar is, kan mens skoon my geloof noem. Waarom Duits bv. vir vast alle opregte Afrikaners ‘n gesaghebbende taal is, en nie bv. Sweeds of Frans nie, gee ‘n leidraad in hierdie rigting. Die woord geloof is dan ook oeroud en se kern is ‘lof’ of ‘loof’: geloof is dus wat mens lof toebied, wat mens eer. Hierdie was vir my ‘n onlangse uitvindsel, daar ek nog altyd eer bo geloof geag het, maar mens kan die woorde eintlik aan mekaar verbind.

 

Om dit duidelik te sê, mens se geloof is wat mens in ere hou.

 

Wie niks vereer nie het dan ook geen geloof nie en is niks meer as ‘n veragtelike nar nie, miskien die tipe wie vir Narpers24 briewe skryf of vir hulle werk. Tog nie iemand wat mens ernstig hoef te neem nie.

 

Afrikaans

 

Wie glo vandag nog in Afrikaans? wie eer dit?

 

Ek is van die mening dat mens geen ere an iets oneerbaar durf betoon nie. As Afrikaans of die Afrikaanse volk een of ander baster Khoi mongrelras was, dan sou ek dit nie as eerbaar betrag nie en sou ander aanmoedig om dieselfde te doen.

 

Mens sien hier en daar narre wie kef dat hulle Afrikaans is. So ‘n groot woord vir sulke klein liedens. Ek het nognie veel geskryf oor die taalkundige eienaardigheid van ons taal, of wat ek daarvan geleer het deur my navorsing van die Oera Linda Boek nie. Deels omdat dit ‘n onderwerp is wat bo-oor my kop skiet, en ek my naam nie gat wil maak deur in onkunde te praat nie.

 

Ek durf egter sê dat daar ‘n paar dinge van Afrikaans is wat, kontra die hedendaagse Kleurling-Taalrade en ook die destydse nydige misbaksels wie ons taal wil belaster en verbaster, oeroud is.