Were en gewere

„As mens van homself ‘n wurm wil maak, moet hy nie kla as ander op hom trap nie.”

 

Juister woorde kan ek nouliks versin om die huidige stand van ons volk te beskryf. Mens sal dink dat, soos wat die geweld teen ‘n dier groter en groter word, die dier homself of sal weer teen die aanvaller, of sal vlug, na mate sy aard hom na die een of die ander wyse bepaal.

 

Wat het ons vir die laaste twintig jaar gedoen? ‘n Groot deel van ons het gevlug, my veragting vir hierdie mense kan nouliks in woorde omgesit word, en ek sal my hier daarvan weerhou. Die ander deel het gebly, en mens sal dink dat hul hulself dan sou weer teen die aanvalle op hul lyf en siel deur geweld met geweld te vergeld – maar nee, dit het ons nie gedoen nie.

 

Wat het ons gedoen? Gekla. Ons het gekla en op ons knieë geval en gebid en gesmeek aan die Joodse woestyngod om ons te kom help, afgewissel met meer klagtes en miskien ‘n verbode woord hier en daar om ons wrok te betoon.

 

Kan klagtes bydra tot die oplossing van ‘n probleem?

 

Nie as dit in die gees gemaak word wat dit groot en deels by ons geskied het nie. Klagtes is daar om ‘n probleem te onderstreep en betoon, daarna moet dit daadsaaklik aangepak word en die gekla en gekerm moet swyg.

 

Waaroor kla ons vir die laaste twintig jaar?

 

Oor die uitmoring van ons volk, diskriminasie, vernietiging van ons erfenis, kultuur ens. Al hierdie dinge is die natuurlike gevolge van ‘n ras wat verower was deur ‘n ander ras. Dit heet: die besetting van sy grond, die afdwinging van nuwe waardes en wêreldaanskouings, die verandering van plekname ens.

 

Van ons goedgesindheid en toegewendheid was tot dusver afgryslike uitbuiting gemaak. Ons Christen waardes het ons niemaals die geestelike wapens verskaf vir die wering teen die konstante geweld wat teen ons gerig was van af die staat, koerante en ander oorde nie – maar het ons meer kwesbaar gelos vir dieselfde.

 

As ‘n volk nie die innerlike drang tot wraak en vergelding vir al hierdie dinge het nie, is hy nie geskik vir lewe op hierdie aarde nie.

 

Wat beteken ‘weer’?

 

Uit die Oera Linda Boek, waaroor ek nog vele kere sal skryf en vir iedereen probeer leer waarom hierdie teks vir ons van belang is, kan mens die oorsprong van ons taal, sowel as ander ‘Germaanse’ tale, verklaar en vergelyk. Die teks is dus bloot van ‘n taalkundige oogpunt vir ons van onskatbare waarde.

 

Ek was geen groot taal liefhebber op skool nie, en minste van alles vir Afrikaans, maar hierdie boek was die grootste bron wat bygedra het tot die wederondekking van my taal, asook die wedereerbaar making daarvan.

 

Wat ek daaruit geleer het sal ek op hierdie blog vir my volk meedeel, in ‘n seer eenvoudige wyse, sover ek dit verstaan.

 

Een waardevolle eienskap van hierdie teks, met die oeroue taal wat dit bevat, is dat ons die boustene van ons eie taal daarin kan erken, en dis sinmaak van woorde wat intussen verander, of verlore geraak het.

 

Hier wil ek kortliks kyk na die woord WÉR, en iets wat ons daaruit kan leer. WÉR erken ons in die volgende woorde:

 

  • [:was] (:verlede tyd van wees)(Duits war, Eng. were)
  • *weer (:nog ‘n keer, by herhaling)*{vgl. hier ook WITHER en WÉDER: ‘weder’, Duits: wieder, Wetter; Eng. weather} == wederkoms
  • weer (:teenstand bied, verdedig, inspan)(Duits. Wehr) == weermag/ Wehrmacht
  • waar (:eg, seker, nie vals nie) == waarheid
  • waar (:handelsgoed) == handelsware
  • waar (:op watter plek – bv. ‘waar is sy?’)

 

Die woorde wat dan verder uit die bogenoemde geskep kan word of is, is te veel om op te noem. Mens dink bv. aan (ge-)weer, wat nie net kan beteken ‘het verdedig’ nie, maar ook ‘vuurwapen’ (:gun).

 

Benewens dit, is daar (be-)weer, wat beteken ‘voorgee, sê, ‘n mening verkondig’

BIWÉRATH = ‘beweerd’
Voorbeeld van die Joelskrif v.d. Oera Linda Boek

waarvan die kern nie lig te vinde is by die bogenoemde woorde nie, maar miskien by ‘n ander vorm van WÉR lê wat vir ons verlore is.

 

Waarom ek juis beweer en geweer hier oproep, sal binnekort duidelik word.

 

 

WÉRA = ‘were’
Voorbeeld v.d. Joelskrif v.d. Oera Linda Boek

WÉRA, wat die meervoud van WÉR is (die –A word by ons ‘n –e, d.w.s. WÉRA word = were), het ook ‘n betekenis wat ‘lippe’ beteken.  As ons dus weer terug kom by beweer, om iets te sê of verkondig, moet dit immer deur die WÉRA of lippe gedoen word, deur die ‘were’.

 

Nou, waarop hierdie langdradige verduideliking neerkom is dit: huidiglik word ons van byna alle vorme van weering weerhou:

  • ons mag nie weer wees wat ons was nie, naamlik apart van die ander rasse
  • ons mag onsself nie weer van die Mislukte Bantoestan se aanvalle op ons nie (geweerlisensies ens.)
  • ons mag nie beweer wat ons as waar beskou nie (antispraak wette en leuenagtige pers)
  • ons mag nie ons handelsware en besighede bestuur soos dit ons pas nie (BEE ens.)
  • ons mag nie gaan waar ons wil nie danksy kankerlike plakkerskampe waarin geen blanke sy voet durf neersit nie

 

Eindelik beteken beweer vir ons dit: as ons nie ons monde begin gebruik om ons waarheid voort te voer, om ons self de verdedig, om ons toekoms te bevestig nie – as ons nie in elke sin van die woord weer weerbaar en sterk, waaragtig en kwaad word nie, is ons ondergang daadsaak.