Proefvertaling van die OLB in Afrikaans

Hierdie opstel is daar vir diegene wie ‘n gevoel wil kry vir die oorsprong van hulle taal en ook ‘n besondere geskiedkundige beeld wat tot dusver vir ons verlore was.

 

Die teks wat hier vertaal word is vir my een van die rykste uit die OLB, daarom stel ek dit eerste bekend. Om die leser ‘n kort inleiding te gee: die gebeure wat hier vertel word word gereken rondom die jare 1600 voor ons jaartelling (BCE). Dit is ‘n weergawe van ‘n tweestryd tussen die moeder van die volksplanting in Athene, Griekeland (hier verwys as Kreekeland) en ‘n sekere priester geslag.

 

Mens kan die moeder (hier Minerva, met byname Hellenia en Nyhellenia) as die spieëlbeeld van die patriarg of stamvader beskou – in hierdie tyd was dit nog in die Noorde so. ―

 

Die OLB gee ook ‘n nuwe blik op vele taalkundige verwyte wat deur die jare teen Afrikaans gemaak was, dié bespreek ek in toekomstige opstelle, die oplettende leser kan moontlik solank ‘n paar hieruit naspeur.

 

Met dank aan die werke van Jan Ott, waarsonder hierdie vertaling nie moontlik sou gewees het nie.

 

Samehangende bronne:

 

 

~ ~ ~

 

Minerva teen priesters

 

UTA SKRIFTA MINNO.S.
THÁ NY.HEL.LÉNJA. THAM FON HJRA ÀJN NÔME MIN.ERVA HÉTE. GOD SÉTEN WAS
ÀND THA KRÉKALANDER HJA TOMET EVEN HÀRDE MINADE AS VS AJN FOLK.
THÁ KÉMON THÉR SVME FORSTA ÀND PRESTERA VPPERA BURCH
ÀND FRÉJON MIN.ERVA HWÉR OF HJRA ERVA LÉJON.
HEL.LÉNJA ANDERE MINA ERVA DRÉG IK OM IN MINA BOSM.
HWAT IK URVEN HÀV IS LJAFDE VR WISDOM. RJUCHT ÀND FRYDOM. HÀV
IK THAM VRLÉREN ALSA BEN.IK É.LIK ANTHA MINNISTE JWAR SLÁVONENA.
NW JÉV.IK RÉD VM NAWET. MEN THAN SKOLD.IK VRKÁPJA THAM.
THA HÉRA GVNGON WÉI. ÀND HRIPON AL LAKANDE.
JVWAR HÉROGA THJANRA WISA HEL.LÉNJA.
THACH THÉRMITHA MISTON HJA HJARA DOL.
HWAND THÀT FOLK THÀT HJA MINNADE ÀND HJA FOLGADE
NAM THIS NÔME TO.N ÉRE.NÔME AN.
THA HJA SÁGON THÀT HJARA SKOT MIST HÉDE.
THÁ GVNGON HJA HJA BIHLVDA ÀND SÉIDON THAT HJU.T FOLK HEXNAD HÉDE.
MEN VS FOLK ÀND THA GODA KRÉKA.LANDAR
WÉRDE ALLERWÉIKES THAT.ET LASTER WÉRE.

 

2. Uit die skrifte van Minno

 

Toe Nyhellenia, wie deur haar eie naam Min-erva (my erwe) heet, goed neergeset was en die Kreekelanders haar byna so veel bemin het as ons eie volk. Kom daar toe sommige forste en priesters op haar burg en vra vir Minerva waar haar erwe lê. Hellenia antwoord: „my erwe dra ek om in my boesem. Wat ek geërf het is liefde vir wysheid, reg en vryheid. As ek hierdie verloor sou ek gelyk wees aan die minste van jou slawe. Nou gee ek raad verniet, maar dan sou ek dit verkoop.”

 

Die *here gaan toe weg en roep al laggend: „ons is jou gehorige dienare oh wyse Hellenia!” Tog daarmee mis hul hulle doel. Want die volk wie haar volg en bemin neem hierdie naam as ‘n erenaam aan. Toe hulle sien dat hul hulle skoot gemis het, begin hulle haar beledig en sê dat sy die volk beheks het. Maar ons volk en die goeie Kreekelanders het oor alle **weë geweer dat dit laster was.

 

*HÉRA, die meervoud van heer (erenaam vir ‘n man)
**WÉIKES= weë + verkleiningsuitgang -kie(s)

 

ÉNES KÉMON HJA ÀND FRÉGON.
AS THV THÀN NÉN THJONSTER NE BISTE
HWAT DÉIST THÁN MITHA ÀJAR THAM THV ALTI BI THI HESTE.
MIN.ERVA ANDERE. THISE ÀJAR SEND THAT SINE.BYLD FON FRYA.S RÉD.JÉVINGA
WÉRIN VSA TO.KVMSTE FORHÉLEN HLÉIT
ÀND FON ÉL THÀT MÀNNESKALIK.SLACHTE.
TID MOT HJA UTBRODA AND WI MOTON WÁKA THÀT.ER NÉN LÉTH AN NE KVMTH.
THA PRESTERA. GOD SÉID.
MEN HWÉRTO THJANATH THENE HVND AN THINA FÉRA HAND.
HEL.LÉNJA ANDERE HETH THENE HÀRDER NÉN SKÉPER
VMBE SIN KIDDE AT SÉMNE TO HALDANDE.
HWAT THENE HVND IS INNA THJANIST THES SKÉP.HÀRDER.
BIN IK IN FRYA.S THJANEST.
IK MOT OVIR FRYA.S KIDDE WÁKA.
THAT LIKATH VS GOD TO SÉDON THA PRESTAR. MEN SEG VS
HVAT IS THJU BITJVTENISE FON THI NACHT.ULE.
THÉR IMMER BOPPA THIN HOLE SIT.
IS THAT LJUCHT.SKVWANDE DJAR ALTOMET THET TÉKEN THINRA KLÁR.SJANHÉD.
NÉAN ANDERE HEL.LÉNJA HI HELPTH MY HÜGJA
THAT.ER EN SLACH FON MÀNNISKA OVIR JRTHA OMME.DWÁLTH.
THÉR EVEN LIK HI IN KÀRKA ÀND HOLA HÉMA.
THÉR AN TJUSTER FROTA. THACH NAVT AS HI.
VMB.VS FON MÛSA ÀND ÔRA PLÀGA TO HELPANE.
MEN RENKA TO FORSINA. THA ÔRA MÀNNISKA HJARA WITSKIP TO RÁWÁNE
TILTHJU HJA THAM TO BÉTRE MÜGE FÁTA
VMBER SLÁVONA FON TO MÁKJANDE ÀND HJARA BLOD UT TO SÛGANE.
ÉVEN AS VAMPÍRA DVA.

 

Eens kom hulle en vra: „As jy dan geen heks is nie, wat maak jy dan met die eier wat jy altyd by jou het?” Minerva antwoord: „Hierdie eier is die sinnebeeld van Frya se raadgewinge waarin ons toekoms verberg lê en ook van die ganse mensdom. Tyd moet dit uitbroei en ons moet waak dat daar geen leed aan kom nie.”

 

„Goed gesê,” antwoord die priesters “maar sê ons waartoe dien daardie hond aan jou regter hand?” Hellenia antwoord: „het die herder geen skaaphond om sy kudde by mekaar te hou nie? Wat hierdie hond is in die diens van die skaapherder is ek in die diens van Frya. Ek moet oor Frya se kudde waak.”

 

„Dit lyk vir ons heel goed” sê die priesters, “maar sê ons wat is die betekenis van die naguil wat altyd bo op jou kop sit. Is daardie ligskuwende dier miskien die teken van jou klaarsienendheid?” „Nee” antwoord Hellenia, „hy help my herinner dat daar ‘n slag van mense oor die aarde omdwaal, wie nes hy in kerke en hole heem. Wie in duisternis vroetel, tog nie soos hy, om ons van muise en ander plaë te help. Maar om judasstreke te versin, om die ander mense van hulle wetenskap te beroof sodat hulle hul makliker mag vat om slawe van te maak en hulle bloed uit te suig, net soos vampiere doen.”

 

ÉNIS KÉMON HJA MITH.EN BENDA FOLK.
PEST WAS OVER.ET LAND KVMEN. HJA SÉIDON.
WI ALLE SEND TO DVANDE. THA GODA TO OFFERJA TILTHJU HJA PEST WÉRA MÜGE.
NILST THV THEN NAVT NE HELPA HJARA GRIMSKIP TO STILANE.
JEFTHA HETHSTE PEST SELVA OVIR.ET LAND BROCHT MITH THINRA KUNSTA.
NÉAN SÉIDE MIN.ERVA. MEN IK NE KÀN NÉNE GODA THÉR ÀRG.DVANDE SEND.
THÉRVMBE NE KÀN IK NAVT FRÉJA JEF HJA BETER WRDA WILLA.
IK KÀN ÉN GODE. THÀT IS WRALDAS GÁST.
MEN THRVCH THAM ER GOD IS. DVATH.ER ÁK NEN KWÁD.

 

Op ‘n tyd het hulle gekom met ‘n bende volk, saam met hulle kom daar pes oor ons land. Hulle sê toe dat ons volk moet offers bring aan die gode sodat hulle die pes mag afweer.

Die preisters het gevra: „Wil u tog nie help om die gode se gramskap te versag nie? Of het jy dan self die pes oor die land gebring met jou kunste?” „Nee” het Minerva gesê „ek ken geen gode wie kwaadwillig is nie. Daarom kan ek nie vra of hulle beter wil word nie. Ek ken een god. Dit is die *Wêreld se gees. Maar deurdat hy **goed is, doen hy ook geen kwaad.”

 

*WRALDA kan ook gelees word as Afr. oeroue/ Duits. Uralte/ Eng. urold of ook: oweroude/ Überalte/ overold ook: oweralda(ar), Überallda ens.
**Ons woorde ’goed’ en ‘god’ het dieselfde wortel, naamlik die woord GOD, hierdie eenheid en eenvoudigheid van die woord word verlore wanneer mens die Oertaal in die hedendag wil oorsit

 

HWANATH KVMTH.ET KWÁD THÀN WÉI FRÉJATH THA PRESTERA.
ALLET KWAD KVMTH FON JOW
ÀND FON THÉRE DVMHÉD THÉRA MÀNNISKA THAM HJARA SELVA FON JOW FENSA LÉTA.
JEF THIN DROCHTEN THÀN SÁ BJUSTRE GOD IS
WÉRVMB WÉRTH.ER.ET KWÁD THÀN NAVT FRÉJATH THA.PRESTERA.
HEL.LÉNJA ANDERE. FRYA HET.VS VPPE WÉI BROCHT
ÀND THENE KRODER. THÀT IS TID. THAM MOT THÀT OVRIGE DVA.
WITH ALLE RAMPUM IS RÉD ÀND HELP TO FINDANDE.
THA WR.ALDA WIL THÀT WI HJA SELVA SOKA SKILUN.
TILTHJU WI STERIK SKILE WERTHA ÀND WIS.
NILLATH WI NAVT. THAN LÉT.ER VSA.TRUL UT TRULLA
TILTHJU WI SKILUN ERFÁRA.
HWAT NÉI WISA DÉDUM ÀND HWAT NÉI DVMA DÉDUM FOLGATH.
THA SÉIDE.NE FORST. IK SKOLDE WANA. THAT WÉRE BETRE. THAT TO WÉRANDE.
HWEL MÜGLIK ANDERE HEL.LÉNJA.
HWAND THÀN SKOLDE THA MÀNNISKA BILIWA LIK TÀMADE SKÉPA.
THV ÀND THA PRESTERA SKOLDER THAN HODA WILLA.
MEN ÁK SKÉRA ÀND NÉI THÉRE SLACHT.BENKE FORA.
THACH ALSA NIL.T VS DROCHTEN NAVT.
HI WIL THAT WI EKKORUM HELPA.
MEN HI WIL. ÁK THÀT JAHWEDER FRY SY ÀND WIS WRDE.
THÀT IS ÁK VSA WILLE THÉRVMBE KJASTH VS FOLK SIN FORSTA. GRÉVA. RÉDJÉVAR
ÀND ALLE BÁSA ÀND MÁSTERA UT.A WISESTA THÉRA GODA MÀNNISKA
TILTHJU ALLEMÀNNALIK SIN BEST SKIL DVA VMBE WIS ÀND GOD TO WERTHANDE.
ALTHUS TO DVANDE SKILUN WI ÉNIS WÉTA. ÀND ANDA FOLKA LÉRA
THÀT WIS WÉSA ÀND WIS DVA ALLÉNA LÉITH TO SALICHHÉD.

 

„Van waar af kom die kwaad dan?” vra die priesters. Minerva antwoord: „Alle kwaad kom van jou en die domheid van die mense wie hulself aan jou strikke laat lei.” „As jou *gedrog dan so byster goed is waarom weer hy die kwaad dan nie?” Hellenia antwoord: „Frya het ons op hierdie weg gebring en die Kroder, dit is tyd, moet die orige doen. Met alle rampe is raad en help te vinde, maar die Wêreld wil dat ons dit self sal soek. Sodat ons sterk sal word en wys. As ons nie wil nie, dan laat hy ons onnoselheid staan totdat ons sal ervaar, wat na wyse dade en wat na domme dade volg.”

 

*gedrog staan deurgaans in hierdie vertaling in plek van DROCHTEN (sien nota 3), verwys o.a. na ‘n bonatuurlike gees

 

Toe sê een vors: „Ek sou waan, dat dit beter was om dit te weer.” „Wel moontlik.” Antwoord Hellenia, „Want dan sou die mense bly soos tamme skape. Jy en die priesters sou hulle dan wou behoed en bewaar, maar ook skeer en na die slagbanke voer. Tog also wil ons gedrog dit nie hê nie, hy wil dat ons mekaar help. Maar hy wil ook dat iedereen vry sy en wys word. Dit is ook ons wil, daarom kies ons volk sy vorste, grawe, raadgewers en alle base en meesters uit die wysste van die goeie mense sodat elke mens sy bes sal doen om wys en goed te word. Deur so te maak sal ons iets weet, en aan die volke leer dat wys wees en wys doen alleen lei tot saligheid.”

 

THAT LIKT.EN ORDÉL SÉIDON THA PRESTERA.
MEN ASTE NV MÉNSTE THÀT PEST THRVCH VSA DVMHÉD KVMTH.
SKOLDE NY.HEL.LÉNJA THÀN WEL SA GOD WÉSA WILLE.
VMBE VS EWAT FON THÀT NYA LJUCHT TO LÉNANDE HWÉR VPPA HJU SA STOLTA IS.
JES SÉIDE HELLÉNJA.
THA ROKKA ÀND ÔRA FÜGLON KVMATH ALLÉNA FALLA VP WL ÁS.
MEN PEST MINTH NAVT ALLÉNA WL ÁS. MEN WLA SÉD. PLÉGUM AND FANGNISA.
WILSTV NV THAT PEST FONI WIKA AND NA WITHER NE KVMA.
THÀN MOSTV THA FANGNISA WÉI DVA.
ÀND THAT J ALLA RÉN WRDE FON BINNA ÀND FON BÛTA.
WI WILLATH BI LÁWA THÀT THIN RÉD GOD SY.
SÉIDON THA PRESTERA. MEN SEG VS.
HO SKILUN WI THÉR ALLA MÀNNISKA TO KRÉJA THÉR VNDER VS WELD SEND.
THÁ STAND HEL.LÉNJA VP FON HIRA SÉTEL ÀNDE KÉTH.
THA MUSKA FOLGATH THENE SÉJAR. THA FOLKA HJARA GODA FORSTA.
THÉRVMBE ACHSTV TO BIJINNANDE MITH THIN SELVA ALSA RÉN TO MÁKJANDE
THAT.STV THINNA BLIKKA IN ÀND UTWARD MÉI RJUCHTA
SVNDER SKÁMRÁD TO WERTHANDE TO FARA THIN AJN MOD.
MEN IN STÉDE FON THAT FOLK RÉN TO MÁKJANDE
HESTE WLA FÉRSTA ÛTFONDEN HWÉR VPPA THÀT FOLK ALSANÁKA SUPTH
THAT HJA TO LESTA LIK THA BARGA ANNATH SLIP FROTA.
VMBE THAT.STV THIN WLA LUSTA BOTA MÉI.

 

„Dit lyk soos ‘n heftige oordeel” sê die priesters „maar as jy nou meen dat pes deur ons domheid kom, sal Nyhellenia dan wel so goed wil wees om ons ietwat van daardie nuwe lig te leen waarop jy so trots is?” „Ja” antwoord Hellenia. „Die roekke  en ander voëls kom alleen op vuil aas neerval, maar pes bemin nie net vuil aas nie, maar ook vuile sedes, gewoontes en verslaafdhede. As jy nou wil hê dat pes van jou moet wyk en nie weer terug kom nie, dan moet jy met die verslaafdhede weg doen, en julle almal moet rein word van binne en van buite.”

 

„Ons wil glo dat jou raad goed is” sê die priesters „maar sê ons, hoe sal ons al die mense onder ons geweld daartoe oorreed?” Toe staan Hellenia op van haar setel en *keet: „Die mossies volg die saaier. Die volke hulle goeie vorste. Daarom moet jy begin om jouself also rein te maak dat jy jou betragtinge binne en buitentoe mag rig sonder om skaamrooi te word voor jou eie gewete. Maar instede van om die volk rein te maak het julle vuile veeste uitgevind waarop die volk so suip dat hulle eindelik soos varke in die slyk worstel, sodat julle jul vuil begeertes mag laat baat.”

 

*KÉTH (plegtig spreek, voordrag, verkondig) is ‘n woord wat vir ons verlore was, word in hierdie enkel geval weer gebruik

 

THA FOLK BIGOST TO JOLANDE ÀN TO SPOTANDE.
THÉRTHRVCH NE THVRADON HJA NÉN STRID WITHER AN TO SPINNANDE.
NV SKOLDE ÀJDER WANA THÀT HJA VRAL.ET FOLK TO HÁPE HWOPEN HÉDE
VMBE VS ALGADUR TO.T.LAND UT TO DRIWANDE.
NÉAN AN STÉDE FON HJA TO BIHLÛDA GVNGON HJA ALLERWÉIKE.S.
AK TO THA HÉINDA. KRÉKA.LANDA TIL THA ALPA. UT TO KÉTHANE.
THAT.ET THENE ALLERVRSTE DROCHTEN
HÁGTH HÉDE
SIN WISA TOGHATER MIN.ERVA. TO NÔMTH NY.HEL.LÉNJA
ÉMONG THA MÀNNISKA TO SENDANE INOVERA SÉ MITH.EN ULK.
VMBE THA MÀNNISKA GODE.RÉD TO JÉVANE.
ÀND THAT ALLERMANNALIK THÉR HJA HÉRA WILDE RIK ÀND LUKICH SKOLDE WERTHA.
ÀND ÉNIS BÁS SKOLDE WERTHA OVIR ALLE KÉNINGK.RIK JRTHA.S
HJRA BYLDNESE STÀLDON HJA VPPA HJARA ÀLTÀRUM
JEFTHA HJA VRSELLADE.T ANDA DVMA MÀNNISKA.
HJA KÉTHON ALLERWÉIKES RÉDJÉVINGA. THÉR HJU NIMMER JÉVEN HÉDE.
ÀND TÀLADON WONDERA. THÉR HJU NA DÉN HÉDE.
THRVCH LESTA WISTON HJA.RA SELVA MASTER TO MÁKJANDE FON VSA ÉWA ÀND SETMA
ÀND THRVCH WANKÉTHINGA WISTON HJA ALLE TO WISA ÀND TO VRBRUDA.
HJA STÀLDON ÁK FÁMNA VNDER HJARA HODE.
THA SKINBÉR VNDERE HODA FON FÀSTA VSA FORMA ÉRE.MODER.
VMBE OVER THÀT FRÁNA LJUCHT TO WÁKANE.
MEN THAT LJUCHT HÉDE HJA SELVA VPSTOKEN.
ÀND INSTÉDE FON THA FÁMKES WIS TO MÁKJANDE.
ÀND AFTERNÉI ÉMONG THÀT FOLK TO SENDA.
THA SJAKA TO LÉVANDE. ÀND THA BÀRN TO LÉRANDE.
MAKADON HJA.RA DVM ÀND DIMME BI.T LJUCHT
ÀND NE MACHTON HJA NÁ BUTA NE KVMA.
ÁK WRDON HJA TO RÉDJÉVSTARE BRUKATH.
THACH THI.RÉD WAS BY SKIN UT HJARA MVLUN.
HWAND HJARA MVLA WÉRON NAVT OWERS AS THA HROPAR.
HWÉRTHRVCH THA PRESTERA HJARA GÉRTA UTKÉTHON.

 

Die volk begin toe te joel en te spot, daarom durf sy geen stryd weer aanvoer nie. Nou sou ieder waan dat hulle ooral die volk tot ‘n hoop sou opwip om ons almal saam uit die land uit te dryf. Nee instede van haar te beledig, gaan hulle oor alle weë, ook na die nabygeleë Kreekelande en tot by die Alpe, om te verkondig dat dit die aller owerste gedrog behaag het om sy wyse dogter Minerva ook genoem Nyhellenia tussen die mense te stuur met ‘n wolk oor die see. Dit om die mense goeie raad te gee en dat almal wie haar wil aanhoor ryk en gelukkig sal word, en eendag baas sal word oor alle aardse koninkryke.

 

Die beelde van haar plaas hul op hulle altare of verkoop dit aan die dom mense. Hulle preek oor aller weë raad gewinge, wat sy nooit gegee het nie, en vertel wonders, wat sy nie gedoen het nie. Deur listigheid het hulle hulself meester gemaak van ons *wette en insettings en deur wanuitsprake het hulle dit alles gewysig en verbrui. Hulle stel ook **feetjies onder hulle hoede, wie skynbaar onder die hoede van Fasta ons eerste eremoeder was, om oor die heilige lig te waak. Maar daardie lig het hulle self aangesteek. En instede van om die feetjies wys te maak en na die tyd tussen die volk te stuur, om die siekes te verpleeg en die kinders te leer; maak hulle hul dom en demp hulle lig, en laat hulle nie toe om buitentoe te gaan nie. Hulle word ook tot raadgeefsters gebruik, tog die raad was by skyn uit hulle muile, want hulle monde was niks anders as die spreekbuise waardeur die priesters hulle begeertes bekend maak.

 

*ÉWA en SETMA, wette stem nie heeltemal ooreen met die eerste woord nie, maar eerder met die tweede, naamlik dat wette en instellings gemaak word uit wat mens weet (WÉT), hierdie word dan ’n wet genoem. D.w.s. „wette en instellings” is eintlik ‘n herhaling, en verloor die gewig van ÉWA
**FÁMNA en FÁMKES (meervoud en verkleiningsmeervoud van FÁM), is een van die moeilikste begrippe in die OLB om te verstaan. So vêr ek weet is fe(ë) en feetjie(s) die suiwerste oorlewering daarvan uit enige Noordiese taal, die laaste word deurgaans in hierdie proefvertaling gebruik

 

 

THÁ NY.HELLÉNJA FALLEN WAS WILDON WI EN ORE MODER KJASA.
SVME WILDON NÉI TEX.LÁND
VMBE THÉR ÉNE TO FRÉJANDE.
MEN THA PRESTERA THAM BY HJRA ÀJN FOLK THÀT RIK WITHER IN HÉDE.
NILDON THÀT NI HENGJA ÀND KÉTHON VS BY RA FOLK AS VNFRÁNA UT.

 

Toe Nyhellenia oorlede was wou ons ‘n ander moeder kies. Sommige wou na Texland om daar een te vra. Maar die priesters wie by hulle eie volk weer gesag gewen het, wou dit nie toegee nie en preek ons by al hulle volk as onvroom uit.